’n Kruispad het my lewe verander

269
Janine van Rensburg
Janine van Rensburg

Toe Janine van Rensburg aan die begin van die jaar amper op breekpunt was, is sy gedwing om moeilike vrae te antwoord. Dit was nodig om haarself te vind voor sy weer balans kon hê.

My keel trek letterlik toe hoe meer ek daaraan dink – die moontlikheid om nie meer ’n inkomste soos altyd te hê nie. Die kans dat my man die verantwoordelikheid gaan hê om die enigste broodwinner in die gesin te wees.

Ja, geld is nie alles nie, maar wanneer daar ’n kans is dat jy daarsonder moet klaarkom, raak dit baie belangrik. Dis immers wat jou kruidenierswaentjie volhou. Aan die begin van hierdie jaar het ’n beklemmende knop in die keel, wat elke laaste stukkie hoop uit jou wil-wil wurg, deel van my lewe geword.

Vir die eerste 11 jaar van my besigheid se bestaan was dit baie suksesvol. Ek kon skuldvry leef en het ’n positiewe kredietrekord gehad. Die afgelope vier jaar het dit net moeiliker geword om in die huidige ekonomiese klimaat te oorleef.

Die kontantreserwes wat ek oor die jare opgebou het, is alles in die maatskappy teruggeploeg tot ek op ’n dag besef het daar is nog net genoeg vir twee maande oor …

Daardie oggend, met die bankstaat in my hande, was ek op breekpunt sonder dat ek dit besef het.

Depressie beteken nie altyd dat jy nie uit die bed kan klim nie. Dit kan ook voel asof jy teen 100 km per uur in die verkeerde rigting hardloop.

Ek het plek in ’n hotel bespreek: Die tyd het aangebreek om met myself te reconnect, ongemaklike vrae te vra en skreiend-eerlike antwoorde te gee. Dinge soos, wat sou ek doen as ek ’n jaar gehad het om te leef of wat maak my gelukkig? Wat gee my energie, wat wou ek word en wat het ek geword?

Dit was nie maklik nie. Niemand wil met die dood gekonfronteer word nie, maar om te dink dat jy net ’n jaar het om te leef help om baie vinnig te besef waar jou prioriteite lê. Soos my lewe tóé was, sou ek doodgaan sonder om genoeg met my seuntjie te speel en my man beter te leer ken.

Toe ek die hotel verlaat, het ek geweet wat om te doen, maar vrees het my teruggehou. Vrees vir mislukking, vir die onbekende.

Gelukkig is daar mense in my lewe wat my help om besluite te neem. Die knop in my keel het eers begin weggaan toe ek my idees met ’n vriendin bespreek. Bietjie vir bietjie kon ek weer asemhaal. Die kruispad van genoeg is genoeg was eintlik ’n wonderlike, bevrydende plek om te wees.

Groot veranderings was nodig. Met Extracts het ’n nuwe hoofstuk in my lewe en loopbaan begin.

Toe ek in 2008 my eerste besigheid begin het, het ek geweet dat daar met die geleenthede en mense wat my pad gekruis het ’n groter doel was.

Dis wonderlik hoe jy in situasies geplaas word om jou voor te berei vir die volgende hoofstuk in jou lewe en besigheid. My swangerskap het my byvoorbeeld op ’n reis van selfontdekking geneem. Daar was nie regtig raad oor hoe om die veranderings in my lyf te hanteer nie. Hoe wonderlik en lewensveranderend dit ook al is om ’n ma te word, het dit my twee jaar geneem om weer my mojo te vind.

Soos ek eers weer myself moes vind, so wil ek vroue met Extracts help om daardie perfekte klein me time-oomblikke te skep – al is dit net ’n paar minute by die huis wanneer jy ’n velsorgproduk aansmeer of vir ’n massering gaan.

Ek wil graag my storie aan mense vertel en verduidelik hoe belangrik dit is om net asem te skep. Dit is belangrik vir jou eie welsyn en jou verhoudings met almal rondom jou.

Dit klink soos ’n cliché, maar ek hou regtig verskriklik baie van wat ek doen. Dis vir my lekker om te werk. Mense is my passie – skoonheid, gesondheid, entrepreneurskap, maar veral ook die vind van balans. Wanneer ’n mens so jou eie potjie moet krap, leer jy baie oor jouself.

Ek het die kans gehad dat God my gebruik om my kollegas se lewens aan te raak. Hulle kon persoonlik en in hulle loopbaan groei en besef dat dit wat hulle actually kan doen baie meer werd as waarvoor hulle soms erkenning kry.

Die feit dat dit noodsaaklik geword het om rigting te verander omdat ek naby aan breekpunt was, is nie vir my ’n mislukking nie. Met nabetragting is dit net deel van die reis hoe God my wil gebruik. Ongeag die vrees en onsekerheid, was Hy altyd langs my.

Soos ek weer myself moes vind, is elke vrou dit aan haarself verskuldig om nou en dan net tot stilstand te kom, asem te haal en haarself ’n bietjie te bederf. Dis eers wanneer ’n mens lief is vir jouself dat jy ware balans kan vind.

Besluit wie jy is, waarvan jy hou en doen dit elke nou en dan. Daardie ding wat jou hart laat vinniger klop, is die moeite werd om na te jaag.

Ek wil nooit weer op daardie punt van moedverloor se vlakte wees nie. My droom vir Extracts is om dit ook oorsee te versprei. Persoonlik wil ek net meer pret hê, my seuntjie geniet, fietsry, dans en Earl Grey-tee geniet, meer reis, my minder oor klein goed bekommer en met myself en ander connect.

Ek wil graag mense help om met ander oë na besigheid en hulle lewens te kyk. Om die “status quo” so ’n bietjie uit te daag. Ek is so opgewonde om te sien waarheen God op pad is en ek is so dankbaar dat ek kan aanhou leer oor so baie dinge wat my hart laat vinniger klop, want dis net as jy jouself ken dat jy balans vind.

Al ons produkte, selfs die preserveermiddels, is gemaak van natuurlike bestanddele met die behoeftes van ’n swanger mamma in gedagte. Mama Mio Skincare fokus steeds op rekmerkvoorkoming gedurende swangerskap. Verder het ons ’n massering wat in ’n salon geniet kan word.

Mense glo dikwels dat velsorg by jou kakebeen eindig, maar jou lyf werk net so hard soos jy om jou so goed moontlik te laat voel. Mio Skincare is ’n reeks velsorgprodukte vir die liggaam, wat juis daardie behoefte vervul.

Die Mio Skincare-reeks is soveel meer as velsorgprodukte om veroudering, plooie en selluliet teen te werk. Soos skoonheid en velsorg vir my nie by jou gesig eindig nie, is balans nodig om jou beste jy te wees.

maak meer tyd GESONDE, ELASTIESE EN REKMERKVRYE VEL MET MAMA MIO SKINCARE
Die Mama Mio Tummy Rub Butter & Oil beskerm jou maag, borste, heupe en bobene teen rekmerke deur ’n omega-ryke mengsel van organiese olies.
R513 R570
Kliek op Voelgoedwinkel.co.za