’n nuwe jy™ 2011

0
22
2011_nuwe_jy.jpg

Ses dames is deur na ons finale rondte van ’n Nuwe Jy. Die lywe is nóg dunner, die glimlagte word al breër, en boonop spog elkeen met ’n splinternuwe, funky haarstyl.

Hulle lyk so mooi dat hulle sukkel om hulself te herken! Na drie maande pluk hierdie vroue beslis die vrugte van al hulle harde werk. Hulle het almal fluks geoefen en reg geëet.

Elke vrou moes uit haar gemaksone kom en leer hoe om anders te kook, gesonder te peusel en ook hoe om oefening in haar besige dag in te pas. Daar was ook die klompie wat deur moeilike emosies moes werk – sodat hulle nie net buite nie, maar ook van binne af kon nuut word.

Ons het hulle vir ’n laaste keer bederf, en elkeen is afgeneem in ’n sexy uitrusting en met professionele grimering aan. Hulle lyk nie net splinternuut op die foto’s nie, maar elke vrou is ’n lewende bewys dat ook jy met ’n bietjie moeite en deursettingsvermoë, asemrowend kan lyk.

Lees verder om te sien hoe elke dame haar droom bewaarheid het, hoe dit haar lewe geraak en verander het, en ook hoekom ’n uiterlike verandering jou binneste kan opkikker.

Dié vroue het bewys dat jou situasie nooit so hopeloos is dat jy niks daaraan kan doen nie. En as hulle dit kon regkry, kan jy ook!


Lees Marietjie se sukses storie, kliek hier.

 


Lees Annatjie se sukses storie, kliek hier.

 


Lees Yolanda se sukses storie, kliek hier.

 


Lees Marinda se sukses storie, kliek hier.

 


Lees Charlene se sukses storie, kliek hier.

Lees Madeleine  se sukses storie, kliek hier.