’n Opwinde sekslewe goed vir julle

0
10
opwindende_sekslewe_is_goed_vir_ju.jpg

Hoe meer jy gee, hoe meer gee hy. Begin vandag nog met ’n 4 weke plan van gee.

Eks is nie al wat ’n huwelik aanmekaar hou nie, maar dit is beslis ’n kragtige gom om paartjies bymekaar te hou,” sê Elmarie Smith, aanbieder van seminare oor hoe om meer oemf in jou liefdeslewe te sit.

As jy al vergeet het hoe om sy minnares te wees omdat jy jouself deesdae net as ma, huishoudster of gasvrou sien, is jy gelukkig nie verdoem tot ’n saai liefdeslewe nie. Met Elmarie se vier week-plan kan jy geleidelik uit jou groef kom en jou man laat wonder:

“Wie is hierdie godin met wie ek skielik ’n huis deel?”

WEEK 1: Sit die plesier terug in jul sekslewe

Jou lyf kan net gaan daar waar jou kop al was. En as jou kop gedurig vir jou vertel dat seks net ’n plig en geen plesier is nie, gaan dit ’n struikelblok eerder as ’n samebindende faktor in jul verhouding wees. As daar een feit is wat Elmarie keer op keer by haar seminare besef, is dit dat meeste vroue graag ’n goeie minnares vir haar man wil wees – hulle weet net nie altyd hoe nie.

“Dit is ’n dilemma wat dikwels teruggevoer kan word na ons opvoeding. Ons is mos geleer om nie daaroor te praat nie, nie daaraan te dink nie en dit veral nie te waag doen nie,” sê sy.

“Tog is die seksuele ons kragtigste manier van kommunikasie in die taal van die liefde.

Gee jouself dus toestemming om jou man te geniet en vir hom om jou te geniet.

WEEK 2: Sorg vir ‘anderste’ liefdesessies

“Een van die grootste doodsteke in ’n huwelik is verveling,” glo Elmarie. “Jy sal tog nie oorweeg om elke aand vir hom dieselfde ete voor te sit nie. Net soos kos verloor seks sy smaak as dit voorspelbaar raak.

“Gebruik vandeesweek om die jagtersinstink in hom wakker te maak! Romantiese boodskappe of SMS’e, ’n verleidelike kledingstuk wat jy spesiaal vir hom aangetrek het …

“Maak hom weer bewus van jou vroulikheid en begin sensueel optree. En moenie gedurig in die badkamer of in die donker aan en uit trek nie. Mans word geprikkel deur wat hulle sien – verras hom daarom deur toe te laat dat hy sien.”

[pagebreak]

WEEK 3: Komplimeteer hom gereeld

“’n Vrou het nodig om mooi te voel, terwyl ’n man soos ’n held wil voel,” sê Elmarie. “Prys hom en vertel hom hoe sy manlikheid jou teen die mure uitdryf en jy sal verbaas wees hoe vinnig hy bereid is om na jou te luister.

Wanneer jy sy volle aandag het, vertel hom en wys hom hoe jy graag bemin wil word. As jy dit nie doen nie, gaan hy dalk daardie aandag op ’n ander plek soek. Eksperimenteer dus met jou oë, woorde en styl totdat jy ’n manier van verleiding vind wat by jou pas.

“Wys jy stel belang in hom én dit wat hy doen!”

WEEK 4: ontdek jou anderkant

“Elke man is dol oor die gedagte om sy vrou se wilde kant na vore te bring en ook te glo dat hy alleen daartoe in staat is. Dit veroorsaak ’n band wat woorde nie kan beskryf nie,” verduidelik Elmarie.

“As hy nog nooit jou wilde kant beleef het nie, is dit nou die kans om dit vir hom te wys. Bel hom by die werk waar hy nie kan reageer op dit wat jy voorstel nie. Of wees ’n stortgodin en verras hom een oggend in die stort met slegs ’n sy-kamisool aan jou lyf.”

’n Seksueel vervulde man ry werk toe en dink: “Ek is so bevoorreg om met haar getroud te wees. Hoe kan ek haar ook gelukkig maak?” Hy mag miskien nie die grootbaas by die werk wees nie, maar as julle mekaar op seksuele gebied vervul, voel hy steeds asof die wêreld aan hom behoort.

“Ons leef dikwels ’n sê nou-lewe waar ons onbewustelik wens dat sekere dinge waar moet wees: “Sê nou ons seksuele drifte het vir die res van ons lewe net so intens gebly soos voor die huwelik. Sê nou die huwelik was bloot ’n fisieke verhouding waarin die opgehoopte emosies geen verskil gemaak het aan my intieme verhouding met my lewensmaat nie.” Maar dis juis die probleem. Dié sê nou-wêreld is meestal deel van die illusies wat jy skep om weg te kom van die werklikheid van jou lewe. En die werklikheid is juis dat seksuele drifte kwyn, dat bekendheid seks gewoon kan maak en dat woede wat in jou hart lê dit byna onmoontlik maak om fisieke nabyheid te hanteer. Daarom vra die herbou van ’n goeie sekslewe in werklikheid die herbou van die verhouding. Daarvoor is die volgende noodsaaklik:

  1. Erken die woede en weersin wat in jou hart lê. Erken ook dat hierdie gevoelens jou nie hoef te keer om maniere te vind om jul sekslewe te verbeter nie.
  2. Maak ’n afspraak met jou maat. Vind uit hoe hy werklik oor jul sekslewe voel, sy onvervulde verwagtings en veral hoe jy kan optree om jul sekslewe meer opwindend vir hom te maak.
  3. Ontwikkel saam ’n plan om die romantiese kant van jul verhouding te herbou. Hoe meer egte romantiese tye julle saam kan hê, hoe meer oemf sal dit in jul sekslewe bring.
  4. Leer mekaar se unieke benadering tot seks te verstaan, soos dat mans dit meer fisiek benader as vroue.