‘n Tier in jou tuin!

tier.jpg

Kan jy glo dat ‘n hele klompie mense, hier rondom ons, tiere in hul tuin aanhou!

Kan jy glo dat ‘n hele klompie mense, hier rondom ons, tiere in hul tuin aanhou!

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging sê dat hulle weet van meer as 25 tiere wat in die Gauteng-area wat deur mense in hul tuin aangehou word. Daar is blykbaar ʼn gesin in Sandton wat selfs twee leeus in hul erf aanhou. Die mense koop die tiers aan terwyl hulle nog jonk is, en wanneer die diere groot is, verskuif hulle hul na hokke in die erf. In baie gevalle is die heining glad nie geskik vir sulke wilde diere nie. Wat ek vreemd vind, is dat ʼn mens blykbaar nie in die Gauteng-provinsie ʼn permit nodig het om tiers aan te hou nie. Wat ek wreed vind, is die feit dat mense die tande en naels van hierdie tiers trek wanneer hulle groter word sodat hulle nie mense kan beseer nie.

Maar dit lyk vir my na ʼn slim plan om diewe uit jou erf te hou!

Die Bybel vertel wel vir ons van ʼn tyd wat die mens en wilde en mak diere vreedsaam saam sal leef. Jesaja 11:6-8 sê:

Wolwe en skape sal dan saam bly,
luiperds sal tussen bokkies lê,
kalwers, leeus en voerbeeste
sal bymekaar wees
en klein seuntjies sal vir almal sorg.
7Koeie en bere sal saam wei,
hulle kleintjies sal bymekaar lê,
leeus sal gras eet soos beeste.
8Babatjies sal by die gate van adders
speel,
klein kindertjies sal hulle hande
uitsteek na giftige slange.

 

Hierdie verse wil sê dat wanneer God nuut met mense werk, dan vernuwe Hy alles, en wonderwerke vind plaas. Daar is dan vrede tussen God en mens, en tussen mense onderling, en ook tussen mense en die skepping. Dit gebeur wanneer Messiaskoning se vredesryk aanbreek!

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.