‘n Wonderlike getuienis

0
11
dylan.jpg

Dylann Roof het verlede week volgens berigte 9 lidmate van ʼn hoofsaaklik swart gemeente doodgeskiet.

Dylann Roof het verlede week volgens berigte 9 lidmate van ʼn hoofsaaklik swart gemeente doodgeskiet.

Voordat hy hulle doodgeskiet het, het hy eers vir byna ʼn uur lank saam met hulle in ʼn Bybelstudiegroep gesit. Nadat Dylann gearresteer is, het hy vir die polisie gesê dat hy byna van besluit verander het om die lede van die Bybelstudiegroep dood te skiet, omrede hy so vriendelik deur hulle behandel is terwyl hy daardie uur in die Bybelstudiegroep gesit het.
Dit is ʼn ongelooflike mooi getuienis van die kerk se lidmate. Hulle het nie geweet wat Dylann beplan het nie, maar terwyl hy daar was, het hulle hom so goed behandel dat die moordenaar byna van plan verander het.

Ons lees in Handelinge 18:27 dat “Toe Apollos na Agaje toe wou gaan, het die gelowiges hom aangemoedig en vir hom ’n brief saamgegee aan die gelowiges daar om te versoek dat hulle hom vriendelik moet ontvang.” Gemeentes het nie altyd geweet hoe eerbaar iemand was wat by hulle kom besoek aflê het nie, en daarom het dit gehelp as iemand van ʼn ander gemeente met ʼn brief kon kom om sy of haar geloofwaardigheid te bevestig. Maar die gemeente in Charleston, Amerika, het  liefde bewys sonder selfs om iets te weet van die persoon wat hulle sou vermoor.

Watter besondere getuienis!