“‘n Zoeloe-minuut is langer”

0
15
zuma2.png

Aan die einde van die Brics-beraad gister het elke leier 3 minute gekry om iets te sê. Almal het oor die tyd gegaan. President Zuma het 25 minute lank gepraat, en geskerts dat ‘n Zoeloe-minuut langer is as ‘n gewone een.

Ek ken dit so goed. Dit gebeur dikwels dat ‘n lidmaat voor die diens in die kerk kom vra of hy of sy net een minuut kan kry vir ‘n afkondiging. Ek sê dan dat ek drie minute sal gee, maar dan smeek ek hulle om tog net nie oor die tyd te gaan nie. Hulle beloof, en neem dan 15 minute in beslag!

Ten grondslag hiervan lê die gedagte dat elkeen van ons gewoonlik dink dat dit wat ons sê, verskriklik belangrik is, baie, baie belangriker as dit wat die ander sê. En as ons maar net hierdie ou lessie kan leer, naamlik dat mense nie noodwendig soveel armer gaan wees as ons minder praat nie. Om die waarheid te sê, ons kan baie meer leer en onsself verryk deur bereid te wees om meer te luister as om te praat. As ‘n mens praat, leer jy niks. Jy leer net as jy luister.

Die afgelope week was ek in ‘n kleinerige groep waar mense oor iets gepraat het. Ek het eintlik met ‘n glimlag een van die persone dopgehou wat absoluut nie na een enkele woord geluister het wat deur die ander gesê word nie. Sy het net elke keer probeer inkom in die gesprek om iets te sê, en die hele tyd net gesoek na ‘n opening om haar sê te sê.

Sommer vroeg-vroeg in die Boek Spreuke staan daar alreeds Selfs wyse mense kan na die spreuke luister en so tot dieper insig kom. Wie reeds die nodige kennis het, kan die kuns aanleer (Spreuke 1:5).

DEEL
Vorige artikelVolharding
Volgende artikelRoem het my byna verwoes
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.