Nee dankie God

Lewe en Oorvloed
Is ons Pappa se hart
Wie Hy is wil Hy so graag met ons deel
Net jammer so baie mense hou aan sê nee

Liefste wêreld
Weet julle
Waarvoor julle nee sê?
Alles wat mooi is in My hart

Alles wat Ek is
Alles wat Ek het
Dit wil Ek so graag met julle deel
Hoekom hou julle aan sê nee?

Nee dankie God
Maar ek weet beter
Nee dankie God
Dit gaan nie hierdie keer werk

Liefste kinders
Ek wil so graag hê
Julle moet na My begin luister
Ek wil so graag hê julle moet hoor

So baie kere wat julle
Julle woorde en besluite
Opweeg teen Myne
Wat julle wil doen, wat Ek sê in My Woord

Weet julle liefste kinders
Dat Ek gereeld verloor
Julle weë is altyd beter as Myne
Dit is wat julle bly glo

Liefste kinders
Ek nooi julle om op te hou daarmee
Asseblief
Julle weet nie beter as Ek

Liefste kinders asseblief
Rerig, begin dit glo
Ek
Ek weet beter as jy

Ja liefste kinders
Dit maak dalk seer
En al is dit nie so bedoel
Dit is waar

Liefste kinders asseblief glo, glo
Dit is waar
Ek sal julle nie bedrieg
Dit is nie so

Kom dan nou na My
Asseblief lê neer jou weë
Jou menings, hoe jy dinge sien
Tel Myne op, loop asseblief op My weë.

Vanoggend toe ek vir my Bybel gaan kuier lees ek Spreuke 8:32-36 en dit tref toe net weer die hart. God se Wysheid is beter as ons s’n en ons doen ‘n wonderlike ding, wanneer ons luister na wat God se Wysheid ons leer. Dis seën. Dis goedheid. Dis die Lewe self. Hoor wat sê vers 36 “Hy wat my – dis die Wysheid van God – nie wil vind nie, doen skade aan homself. Hy wat my haat is lief vir die dood.” Mag ons lief wees vir Wysheid. Mag ons haar in oorvloed vind! xxx