Die matriekvakansie aan die einde van ’n leerling se skoolloopbaan is tradisie. Uiteindelik is die skooldae vir goed verby en begin elkeen se opwindende reis as volwassene. Bederf jou kind met die 2018 Matriekwegbreek saam met Jo Black, die sangeres Caroline-Grace Brüssow, Katinka die Kat en Bennie Fourie, akteur en komediant, op die MSC Musica.

Mosambiek is ’n pragtige land met natuurskoon wat jou sal verras. Dit sal klaarspeel met al daardie eksamenstres en seer spiere van ure agter die boeke sit, en jou soos ’n nuwe mens laat voel. Finesse se #NetMATRIEKS-bootreis is elke matrikulant se droomvakansie!

In Durban-hawe gaan almal aan boord van die luukse MSC Musica en vaar na Pomene, ’n ongerepte eiland wat sedert 2017 as bestemming ingesluit word. Dit is een van die juwele van Mosambiek. Vanaf die boot word ons na die eiland vervoer met die 80-sitplek MSC Zodiac vir ’n dag van son, see en eilandpret.

Die MSC Musica is nou groter met meer balkonkajuite, swembaddens, restaurante en ontwerperswinkels. En moenie die volledige gimnasium, die Turkse baddens en saunas vergeet nie!

Aan boord van die skip is daar kos, hope geleenthede om saam met vriende te kuier, te swem of in die son te lê en bak. Saans is daar kabaretvertonings en ander vermaak. Die kunstenaars hou ook gratis vertonings en kuier saam. Alles is ingesluit, behalwe drankies, roomys, addisionele uitstappies by die eilande, spabehandelings en natuurlik aankope by die winkels.

Hoewel jy nie alles in jou kind se lewe kan beheer nie en hulle nie teen alles kan beskerm nie, bied die #netMATRIEKS-bootreis tog vir ouers ’n bietjie meer gemoedsrus. Daar is baie oë en ore op die boot en die personeel van MSC doen alles in hulle vermoë om die passasiers te alle tye veilig te hou.

 


Die bootreis vind plaas vanaf Maandag 3 tot Vrydag 7 Desember 2018.
Bespreek direk by MSC by 011 807 5111. Onthou om te sê jy bespreek vir Finesse se #NetMATRIEKS-bootreis.

Pryse wissel tussen R8 000 en R9 000 per persoon wat deel, maar jy kan nou al jou kajuit bespreek deur slegs ‘n R3 000 deposito.
Dit is R1 500 per persoon wat deel of R750 as jy ‘n 4-bed kajuit deel.

Jou kajuit, alle etes en vermaak is hierby ingesluit. (Drankies en vervoer na die hawe is nie ingesluit nie.)

BESPREEK TUSSEN 1 JUNIE EN 30 AUGUSTUS EN
STAAN DIE KANS OM R10 000 OP DIE SKIP TE ONTVANG!

Skakel MSC by 011 807 5111 of KLIEK HIER om op MCS se webwerf jou kaartjie te bespreek.


Die #NetMATRIEKS-bootreis word aangebied in samewerking met Akademia,
’n gemeenskapsinstelling wat gehalte-onderrig in Afrikaans aanbied. Kliek op akademia.ac.za.