“Net tien minute kan jou dag verander”

Wees stil voor Die Here (Sagaria 2:13)

Ons het nie tyd nie sê ons vir mekaar. Nie tyd vir onsself, vir mense wat vir ons belangrik is en veral nie vir ons Vader nie.

Ai, en dan mis ons so baie. Dan mis ons hoe Hy vroeg soggens reeds die donskombers van liefde oor ons harte vou; ons mis Sy by-ons-wees as dit moeilik gaan; ons mis die mooi van elke dag.

Hier is ‘n tien minute gebed wat jou kan help om die dag met moed aan te pak.

Wil jy dit nie sommer nou doen nie?

*Raak stil en haal lekker diep asem

*Probeer sien hoe God oor jou waak, met liefde na  jou kyk en Sy hand na jou toe uitsteek.

*Sit al die dinge van die vorige dag, al jou bagasie sommer net daar by Hom neer.

*Vra Hom om hierdie dag saam met jou in te gaan.

*Dink oor die dag wat voorlê en praat met Hom oor die dinge waaroor jy bekommerd is,waarna jy uitsien,waarvoor jy bang is,wat jy graag wil doen…”

*Vra Hom om in alle aspekte van jou lewe saam met jou te gaan en jou gedurig met sy genade te omvou.

*Sê vir Hom Dankie dat Hy saam met jou reis… Jou nooit alleen sal laat nie.

“Gee vir God te minsite tien minute elke dag. Dit kan jou hele lewe verander”