NetFlorist se geheime resep vir langdurige rose

0
448
rose_valentynsdag.jpg

Dis seker een van die lekkerste bederfies wanneer jy ʼn pragtige bos rose kry. Enige dag is ʼn goeie verskoning om van hierdie blomme te kry, nie net Valentynsdag nie. Laat jou rose langer vars bly met die “blomme kos” resep van NetFlorist.

  • Rose het baie water nodig, en moet genoeg daarvan kry vir 8 tot 12 ure om goed te lyk. Met die regte versorging sal jou blomme pragtig wees vir die volgende paar dae.

  • Indien jou rose vir 15 minute of meer sonder water was, knip 2 cm van die stele af. Maak seker jy sny dit skuins af om die waterinname te verhoog. Gebruik ʼn skerp mes of skêr om sodoende nie die stele seer te maak nie.
  • Verwyder enige verkleurde blare aan die blom van buite af, en alle blaartjies of blomblare wat onder die waterlyn val.
  • Vul ʼn metaalvrye vaas met water en 1 pakkie “blomme kos”.

    rose.jpg

  • Deur die blomstele elke 2 tot 3 dae weer te sny sal jou rose se lewe verder verleng. Nadat jy dit gedoen het, was die vaas voordat jy dit weer met water en “blomme kos” vul.
  • Om die langste moontlike vreugde uit jou rose te kry, hou hulle weg van direkte sonlig, hitte, lugverkoeling en trekke.

Geheime “Blomme kos” resep

1 eetlepel suiker (vir energie)
1 eetlepel blykmiddel (dood bakterië)
1 eetlepel asyn (ʼn bietjie skok vir nuwe lewe)
2 liter water

Meng die bestanddele saam, sit jou pragtige blomme in die vaas en geniet hierdie fees vir die oog!

netflorist.jpg

DEEL
Vorige artikelOor engele
Volgende artikelValentynsdag
Voelgoed
Geniet 'n eersteklas- aanlyn wêreld met dieselfde warm gevoel van 'n lekkerlees tydskrif.