WEN!

WEN ’n “Salt & Pepper” diamant ter waarde van R17 000
PLUS  ’n konsultasie & setwerk deur goudsmid Annelle Murray ter waarde van R9 500

Hoe dit werk?
1. Betaal R50 ’n inskrywing aanlyn of Vrydag op die hawe by die FINESSE personeel.
2. Jy kan meer as een inskrywing koop – hoe meer inskrywings hoe groter is jou kans!
3. Al die aanlyn inskrywings gaan in ’n boks gegooi word, saam met die inskrywings wat op die hawe verkoop is.
4. Tydens die 1ste teater sessie Sondag oggend gaan daar 4 name uit die boks getrek word, daardie 4 woon dan die 2de teater sessie ook by.
5. By die 2de teater sessie gaan daar ook 4 name getrek word. Al 8 (4 van die 1ste sessie en 4 van die 2de sessie) gaan dan op die verhoog verskyn.
6. EEN persoon van die 8 gaan dan die DIAMANT ter waarde van R17 000 en konsultasie deur goudsmid Annelle Murray ter waarde van R9 500 WEN!

Aanlyn inskrywings is nou gesluit, maar kyk uit vir die Finesse personeel Vrydag op die hawe!


 

#netGIRLS Epimax bootreis 2020 word geborg deur:

 

KLIEK HIER vir #netGIRLS-bootreis 2019 foto’s