#netGIRLS Epimax bootreis 2022

Country en komedie

Finesse en Epimax se #NetGIRLS-bootreis aan
boord van die MSC Musica beloof om jou en jou vriendin se droomvakansie te wees. Demi Lee Moore, Lizz Meiring, die Flooze & Clarice Pieterse vaar saam met ons op die luukse MSC Musica, vanaf Durban na die Portugese Eiland vanaf 18 – 21 Februarie. Kom kuier saam!

Meer oor

Kom weg uit jou saai roetine en leef ’n slag soos ʼn koningin. Jy hoef nie beddens op te maak, kos te maak of skottelgoed te was nie. Al wat jy hoef te doen is terugsit en ontspan. Met vyf restaurante, luukse kajuite en ’n asemrowende eiland met ʼn kristalhelder see wat op jou wag, is die lewe ʼn lied! 

 

Die musiekproduksie, aktiwiteite & vertonings word spesiaal vir jou geskep en jy kan die glanspersoonlikhede aan boord ontmoet. Jy kan onder die sterre dans, smul aan egte Italiaanse roomys of sommer net op ʼn sonbed lê en boeklees. Dis net wat jy en jou vriendinne nodig het. 

 

Die MSC Musica, se swembaddens, luukse teater en ruim kajuite, sal jou asem wegslaan. Kies tussen die gewilde selfbedienbuffet en pizzeria, of bederf jouself met ’n deftige á la carte-ete by die gesogte Italiaanse seekos-en steak restaurant. Daar is iets vir almal – dag of nag. Die lys is lank: minigholf, tennis, basketbal, vlugbal, virtuele speletjies, ’n belastingvrye inkopiesentrum*, gimnasium, ’n stap-baan en ’n luukse gesondheidspa*.

 

Daar is weer ʼn propvol geskenksak wat jou eksklusiewe T-hemp insluit, aantrek temas en groot pryse om te wen.

 

Die kunstenaars wat die #NetGIRLS-gaste sal vermaak is:

·         Demi Lee Moore

·         Lizz Meiring

·         Die Flooze (Sorina Erasmus)

·         Lynette Beer

·         Clarice Pieterse

·         Werner en Marijke Coetzer

 

Vrydag 18 Februarie tot Maandag 21 Februarie 2022 doen FINESSE dit vir die 11de keer!

 

Bring almal wat al vorige jare saam met jou op die #NetGIRLS-bootreis gekuier het, en kom geniet die Comedy & Country bootreis saam met ons! 

Lag, sing en dans saam! Daar is soveel om na uit te sien!

 

Maak seker jy bespreek vroegtydig, want anders gaan jy dalk nie plek kry nie.

 

In samewerking met Epi-max en Filorga

 

*Aankope by die belastingvrye winkel en die spa, ekskursies op die eiland, en alle drankies op die skip is uitgesluit by die prys.

 

Disclaimer: The activities and artists advertised are planned by the organisers and are in addition to the normal entertainment and activities provided by MSC Musica and MSC Cruises. The additional activities and artists planned by the organisers can change at any time without notice to the passenger.

Gaskunstenaars & Sprekers

Bespreek

DURBAN
DATUM: Vrydag 18 tot Maandag 21 Februarie 2022
PLEK: vanaf Durban na die Portugese Eiland

Bespreek

Vanaf
R5 207

Pryse vanaf R5 207 pp wat deel

Ingesluit:
Propvol geskenksak
Eksklusiewe #netGIRLS T-hemp
Kunstenaars se optredes & vertonings
Vermaak & aktiwiteite van MSC en FINESSE

Geborg deur