#netMATRIEKS-bootreis 2020 (Inligting)

matriek bootreis 2020

Elke matriek se droomvakansie

“In die lewe is daar vir elke eindeʼ’n nuwe begin.”

– Ray (Uptown Girls)

Meer oor

Vir ma’s is die matriek-wegbreek ʼn groot bekommernis, maar Finesse se #netMATRIEKS-bootreis bied die ideale oplossing!

Ouers het gemoedsrus, terwyl hulle kinders op die luukse MSC Orchestra baljaar en hulle skooljare op ʼn hoë noot afsluit.

Die MSC Orchestra se ruim kajuite, turkoois swembaddens, luukse teater en ontwerperswinkels is absoluut vyfster.

Op die skip is dit ook onmoontlik om honger te ly. Daar is heeldag kos by die gewilde selfbedienbuffet en pizzeria en smiddae en saans word watertand etes by die deftige á la carte- seekos-en steak restaurante bedien.

Aan boord van die skip is daar hope geleenthede om saam met vriende te kuier, te swem of in die son te lê en bak.

Daar is iets vir almal – dag of nag. Die lys is lank: minigholf, tennis, basketbal, vlugbal, virtuele speletjies, ’n belastingvrye inkopiesentrum*, gimnasium, ’n stap-baan en ’n luukse gesondheidspa*.

Verder sal daar spesiaal vir matrieks ʼn lip sync kompetisie, karaoke en filmvertoning aangebied word.

Ons hou ook vir die eerste keer ooit ’n Matriekafskeid, spesiaal vir ons matriek gaste!

Met soveel heerlike kos, ʼn groot verskeidenheid vermaak en kunstenaars, is die #netMATRIEKS-bootreis die mees bekostigbare vakansie nog!

Die #netMATRIEKS-bootreis vind plaas vanaf Maandag 8 tot Vrydag 12 Februarie 2021 – vanaf Durban na Pomene en terug.

Passasiers kry ook die geleentheid om op ʼn 80-sitplek MSC Zodiac boot na Pomene, ʼn ongerepte eiland en een van die juwele van Mosambiek, toe te gaan.

Op die asemrowende eiland kan almal ontspan op die beskutte strand, swem in die kristalhelder see, kuier op die gesellige

dek, aandenkings koop by die plaaslike vlooimark of ʼn ekskursie bespreek om te gaan roei of snorkel.

MSC bedien ʼn watertand middagete en daar is oral kiosks waar verfrissende drankies te koop is. Vir dié wat eerder met ʼn boek wil ontspan of in die son wil baai is daar lieflike grasdakke, strandsambrele en dekstoele.

Sowat 3000 matrieks van regoor die land was op die onlangse bootreis, maak seker jou kind mis nie die skip nie! Daar is ʼn beperkte aantal plekke beskikbaar.

 

 

Kunstenaars

Om te bespreek

Om te bespreek

R64

R74

Die #netMATRIEKS-bootreis vind plaas vanaf Maandag 8 tot Vrydag 12 Februarie 2021 – vanaf Durban na Pomene en terug.

Vorige bootreise

Die vakansie van ‘n leeftyd

Dit is laat November en die sagte somerreën maak patrone oor die saal se vensters. Daar is ‘n gedeelde gevoel van afwagting en ongeduld in die groep soos die laaste paar minute van die laaste matriek vraestel uitmergelend stadig aftik.- Karmen Wiid

Ek skryf nog geskiedenis, maar ek moet gereeld my gedagtes gaan haal langs die swembad van die boot. Ek voel al die yskoue cocktail in my hand en die Mosambiek-son wat my vel soen. Nog net ‘n week. 168 ure van pure opgewondenheid.

Die tweede Desember vind my vingers die handreling wat my sal lei na die vakansie van ‘n leeftyd. Die lug in Durban-hawe voel humied en belowend teen my vel. Daar is skaars ‘n wolkie in die lug. Selfs in die ry by sekuriteit begin die opgewonde matrieks al geselsies te maak en mekaar leerken. Dit was een ding wat beslis vir my uitgestaan het op die boot: almal was ontvanklik vir mekaar. Dit was asof drie duisend agtienjariges besluit het om beste vriende te wees met elkeen wat hulle vir die volgende vyf dae teëkom.  Daar was ‘n onderliggende gevoel van kameraadskap, asof iets van die nuut-gevonde onafhanklikheid ons saam gebind het.

Die ingang van die boot lei na die ontvangs op die vyfde vloer. Daar sal jy ‘n elegante, effe eksentrieke Italianer kry wat Bach speel terwyl die gaste insyfer. Die bogenoemde is egter nie ‘n alledaagse gesig nie, aangesien die klavier gemaak is van deursigtige glas en bespeel word bokant die getuie van ‘n binnenshuise waterval. Wanneer jy uiteindelik jou oë van die spektakel kan afhaal, sal jy die weelderige smarag sitplekke van die koffie-kroeg gewaar wat natuurlik 24 uur van die dag oop is. Dié se spyskaart is 10 bladsye van pure ontwerperskoffie.  Hierdie kroeg is egter net die begin van die matriek se avontuur van die sintuie. Op elke vloer is daar restaurante, lounges en kroeë wat ‘n verskeidenheid van unieke ervarings bied. Die Shaker Lounge spesialiseer in middernag karaoke en 80’s dans-sessies. Net langsaan is die fluweel-blou skakerings van die Jazz lounge wat toevallige verbygangers betower met hul sagte ligte en saksofoon musiek wat die golwende effek van die see mimiek. Dit was vir my die perfekte ontvlugting wanneer die deck se ge-doef-doef te veel geraak het. Verder aan kry jy die Cigar Lounge waar die klem beslis op goeie gesprekke en gesofistikeerde volume-vlakke geplaas word. Daar het ek tot die vroeë oggend-ure gesit terwyl die grense tussen vriende en familie vervaag het. By die casino sal jy goedgesinde dealers kry wat gretig die jongmense van dobbel-etiket leer. ‘n Paar vloere op, verby die restaurante, teater, spa, klerewinkels, gym en speletjieskamer, loop jy jou vas in die gesellighede op die deck. Hier is waar die grootste partytjie plaasvind. Ek het dit geniet om uit die gemak van my lêstoel die son en die vermaak tegelykertyd te gewaar. Die dag toe ek egter ‘n bietjie stilte soek, het ek ‘n goeie boek na die agterkant van die skip gevat. Daar het ek vele ander gekry met dieselfde plan as ek. Ons was so 15 vreemdelinge wat uiteindelik in ‘n kringetjie gelê en lees het, terwyl die oseaan onder ons verby sug.

Die kunstenaars het beslis die unieke ervaring van die boot beklemtoon. Die diversiteit van Leandie, Skalk, Brendan en Timo het die perfekte balans geskep sodat elke tipe matriek dit ten volle kon geniet.

Van alles op die boot was die deck beslis die middelpunt van die aksie. In die aande was daar gesokkie en ge-lip sing tot middernag wanneer die werklike partytjie eers begin het. Wanneer Timo ODV agter die mikrofoon inbeweeg, begin die voete klaar te jeuk. Dit was in daardie oomblikke, twee uur die oggend in die middel van die oseaan, met die bas van die musiek wat my hartklop begelei, wat ek werklik gevoel het asof hierdie jeug onsterflik is. Daar is iets asemrowend en poëties aan drie duisend jongmense wat almal saam op die drumpel van die grootmenswêreld staan, hul harte uitsing en vir een lieflike, sorgelose oomblik glo dat alles OK gaan wees. Daar is net iets aan die boot wat my laat vergeet het dat ek op pad universiteit toe is, ver van die huis en ver van my mense. Dit was waarlik ‘n eens-in-‘n-leeftyd vakansie, een wat ek lank na sal terug hunker en onthou met melancholiese nostalgie. Elke son-gevlekte glimlag en snaakse staaltjie het nuwe lyne gelos in my notaboek en nuwe herinneringe in my hart. Die matriek boot is nie net ‘n beloning dat jy jou skooljare klaar gemaak het nie – dit is soveel meer as dit. Dit is die begin van onafhanklikheid en ‘n viering van jou jeug. Dit ís die vakansie van ‘n leeftyd.

Vir die matrieks wat hierdie lees noem ek graag die argumente wat ek gebruik het in die stryd om my ouers te oortuig van die boot.

Eerstens, die MSC matriek-boot is ‘n drywende 5-ster hotel met 24 uur etes en vermaak (alles ingesluit in die prys, natuurlik.) Dit beteken, anders as jou vriende wat na een of ander rage toe gaan, gaan jy nie vir die week op 2 minute noodles en fruit loops hoef te oorleef nie. Tweedens, jy het geen vervoerkostes nie. As jy tot vier uur die oggend wil club, gaan jy geen probleem hê om tot by jou kamer te kom nie. Geen dronk bestuurders. Geen ekstra kostes. Derdens, dit is 100% veilig. Vir my was dit belangrik om te weet dat ek sonder bekommernisse myself op my matriek-vakansie kan geniet. Daar is 24 uur sekuriteit oral teenwoordig op die boot en natuurlik is dit onmoontlik om enige dwelms in te smokkel. Die laaste argument, wat beslis die potentste was vir my ouers: dit is nie Plett nie.

–  Karmen Wiid

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected]
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A