#NetMATRIEKS bootreis

BESPREEK NÓÚ

#NetMATRIEKS-bootreis 2022
Die matriekvakansie van ʼn leeftyd!

Die #NetMATRIEKS bootreis vakansie is ʼn onvergeetlike ervaring vir vriende wat lewenslange herinneringe wil maak! En vir ma’s beteken dit ook meer gemoedsrus. Maak seker jy bespreek vroegtydig vir 2022 se wegbreek om goedkoper te betaal en ʼn eksklusiewe #NetMATRIEKS produk te kry.

Die bootreis vind plaas vanaf Maandag 5 Desember tot Vrydag 9 Desember 2022.

Meer oor die #NetMATRIEKS bootreis

Met soveel kos as wat jy kan eet en ’n groot verskeidenheid vermaak, is die #NetMATRIEKS-bootreis die mees bekostigbare vakansie ooit!

Jou luukse kajuit, alle etes, vermaak, aktiwiteite, kunstenaars se vertonings, sokkie en dans partytjies, ʼn geskenkpak, bootrit na die eiland Pomene en vyfster teater vertonings is alles ingesluit by die prys!

En die goeie nuus is dat jy kan spaar indien jy vroegtydig bespreek. Besprekings is reeds oop en kajuite kos vanaf R7 266 per persoon wat deel. ʼn Deposito van R3 000 verseker jou kajuit.

Buiten die MSC Orchestra se lip-lekker buffet met pizza, hamburgers en vars slaaie is die deftige á la carte-etes in die restaurant uit die boonste rakke!

Die turkoois swembaddens en atmosfeer op die oop dek, sal jou voete onder jou uitslaan.
Daar is iets vir almal om te doen – dag of nag. Minigholf, tennis, basketbal, vlugbal, virtuele speletjies, ’n LED-muur, shuffleboard, gimnasium, stap-baan, gesondheidspa en belastingvrye winkels – wat van parfuum en sjokolade tot horlosies en handsakke verkoop.
Aan boord van die skip is daar tyd om heerlik op ʼn sonbed te ontspan, saam met vriende te kuier, te swem of in die son te lê en bak terwyl die musiek nooit ophou nie.
Die lekkerste is natuurlik dat jy jou vakansie kan inrig soos jy wil en dat jy kan doen waarvoor JY lus is.
Hier is ʼn voorsmakie van die program:

Maandag
• Elke matriek kry ʼn geskenkpak en die eerste 500 wat bespreek het, ook ʼn eksklusiewe #NetMATRIEKS produk.
• Op die dek hou ons ʼn sail-away partytjie met die kunstenaars, Early B, Timo ODV, Brendan Peyper en Katinka, ʼn danskompetisie spesiaal vir die matrieks en ons kondig die matriek fotograaf van die jaar aan.
• Daarna sorg Brendan Peyper vir sokkiemusiek op die dek
• Timo ODV hou die partytjie aan die gang tot middernag

Dinsdag
• Vir die wat flink en fiks is, is daar Pilatus of stap die oggend
• Ons speel beerpong en minute to win it op die dek en die bekendes bied die belly flop kompetisie aan
• Brendan doen ʼn spesiale vertoning by die swembad
• Die aand partytjie se tema is white lies, en daar is groot pryse vir die persoon wat die beste leuen saamgeflans het!
• Natuurlik het ons ook weer die legendariese lipsync vir matrieks waar julle die supersterre is en groot pryse kan wen.
• Daarna maak Early B en Timo ODV musiek tot laatnag

Woensdag
• Die skip vaar na Mosambiek se juweel strand – Pomene. Daar is touchies en volleyball op die strand en ʼn heerlike middagete word bedien.
• Jy kan in die kristalhelder seewater swem, op die strand lê of onder die groot grasdakke kuier
• Sodra ons terug is op die skip speel ons musical chairs en lirieke-raai op die dek
• Die aand se kareoke-partytjie se tema is glitter & glow en die besgeklede persoon staan ʼn kans om ʼn kaartjie na die VIP cocktail te wen.
• Brendan doen ʼn vertoning op die dek en dit is hier waar die matrieks gewoonlik saam sokkie.
• Early B hou die energie hoog en maak verder musiek tot sy gô uit is

Donderdag
• Ons speel beerpong, bingo & flip cup op die dek
• Timo ODV doen sy dag-vertoning!
• Die aand se dek partytjie tema is tropical masquerade, weer met groot pryse vir die besgeklede persoon.
• Early B laat die boot vir ʼn laaste keer skud
Hoewel jy nie alles in jou kind se lewe kan beheer nie en hulle nie teen alles kan beskerm nie, bied die #NetMATRIEKS-bootreis tog vir ouers ’n bietjie meer gemoedsrus. Daar is baie oë en ore op die skip en die personeel van MSC doen alles in hulle vermoë om die passasiers ten alle tye veilig te hou. Boonop kan jou kind of sy/haar maats nie onder die invloed van alkohol agter ʼn motor se stuurwiel inklim nie.
Finesse Voelgoed Tydskrif se #NetMATRIEKSbootreis is elke matrikulant se droomvakansie! Alles is ingesluit, buiten drankies, roomys, addisionele uitstappies by die eilande, spa-behandelings en natuurlik aankope by die winkels.

Bekendes wat saamvaar

Marciel Hopkins

Timo ODV

Katinka

Early B

Brendan Peyper

Vorige bootreis

Volg ons op sosiale media

Bespreek vlugte en verblyf

#NetGoeieVibes-hoedjie

Die #NetMATRIEKS-bootreis is ‘n tyd vir T-hemde, swembroeke, kleurvolle sonbrille, kaalvoet dans – en die #NetGoeieVibes-hoedjie!
R129 R149

Die #NetMATRIEKS-bootreis word aangebied in samewerking met Akademia, ’n universiteit wat gehalte-onderrig in Afrikaans bied en Isa Carstens skoonheidsakademie.