#NetMATRIEKS- en #NetSTUDENTE-bootreise

#NetMATRIEKS
+
#NetSTUDENTE

Speel video

Tema -

Twee onvergeetlike bootreise vir jongmense – of jou kind vanjaar in matriek is of ’n student is wat smag na ’n wegbreek saam met vriende. Dan is die #NetMATRIEKS– en #NetSTUDENTE–bootreise aan boord van die MSC Musica net vir hulle! En vir ma’s beteken dit ook gemoedsrus, want dis ’n veilige, bekostigbare vakansie vir jou kind.

Besprekings

#NetMATRIEKS-bootreis

Maandag 13 Desember tot Vrydag 17 Desember 2021

#NetSTUDENTE-bootreis

Vrydag 10 Desember tot Maandag 13 Desember 2021

Meer oor die #NetMATRIEKS- en die #NetSTUDENTE- bootreise

Finesse Voelgoed Tydskrif se #NetMATRIEKS- en #NetSTUDENTE-bootreise is elke jongmens se droomvakansie, hier is die redes waarom dié bootreise ’n móét is … Dis VEILIG Hoewel jy nie alles in jou kind se lewe kan beheer nie en hulle nie teen alles kan beskerm nie, bied ’n bootreis tog vir ouers ’n bietjie meer gemoedsrus. Daar is baie oë en ore op die skip en die personeel van MSC doen alles in hulle vermoë om die passasiers ten alle tye veilig te hou.

ALLES is ingesluit

Kajuite word elke dag gediens en alle etes en vermaak is ingesluit. Die swembaddens, luukse teater en professionele musiek- en dansvertonings is asemrowend.

Gaste kan kies om by die selfbedienbuffet te eet of by ’n deftige Italiaanse seekos-ensteakrestaurant wat à la carte-etes bedien.

Daar is ook aktiwiteite vir almal – dag of nag. Die lys is lank: minigholf, tennis, basketbal, vlugbal, virtuele speletjies, gimnasium en selfs ’n stap-baan.

Drankies, die spa en ekskursies is nie by die prys ingesluit nie!

Kuier saam met (nuwe) VRIENDE

Die kuier saam met vriende is altyd vir die jongmense ’n hoogtepunt.

Daar is die hele tyd geselskap, hetsy hulle eie vriende of dié van ander skole of universiteite.

Almal is daar om pret te hê en almal is min of meer dieselfde ouderdom, wat beteken die gesels hou nooit op nie.

Van vroegoggend tot laataand eet hulle saam, swem hulle saam, dans hulle saam en geniet hulle die teatervertonings en aktiwiteite wat op die skip aangebied word.

Dis ’n AVONTUUR

As die weer dit toelaat vaar die skip van Durban tot by Pomene vir die matrieks, of tot by die Portugese eilande vir die studente. Albei is juweelstrande in Mosambiek.

Die gaste word met kleiner bote tot op die eilande geneem. Daar is ’n fantastiese swemstrand waar die jonges vir ure lank in die louwarm water kan baljaar.

MSC bedien ’n watertand-middagete onder die groot grasdakke en dié wat wil snorkel moet net hulle toerusting saamneem.

#NetMATRIEKS

Bekendes wat saamvaar

#NetSTUDENTE

Bekendes wat saamvaar

Die #NetMATRIEKS-bootreis word aangebied in samewerking met Akademia,

’n gemeenskapsinstelling wat gehalte-onderrig in Afrikaans aanbied.