Niks sal ons vernietig nie

Vir die afgelope maand volg 2 Korintiërs 4:7-10 my oral en gee dit vir my soveel vreugde en vrede:

Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek;
die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.
In alles word ons verdruk, maar ons is nie terneergedruk nie;
ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie;
ons word vervolg, maar nie deur God verlaat nie,
op die grond neergegooi, maar nie vernietig nie.
Die sterwe van Jesus dra ons altyd saam in ons liggaam,
sodat ook die lewe van Jesus sigbaar kan word in ons liggaam.

Hoe amazing is dit om hierdie belofte te ken!

Die wêreld, en al die slegte dinge daarin, probeer ons om elke hoek en draai te verdruk, ons word vervolg, gestamp en gestoot… maar dan kom hierdie belofte van God wat ons weer die krag gee om op te staan en aan te gaan, ons vind weer vreugde en vrede in Hom.

NOOIT sal Hy jou verlaat nie, jy sal nie vernietig word nie want Hy is by jou. Deur elke moeilike situasie hou Hy jou hand vas. Jesus self is ook in hierdie wêreld verdruk en vervolg, maar nie eers die dood kon Hom vernietig nie, Hy het opgestaan en leef voort in my en in jou!

Mag ons vandag hierdie belofte deel van ons dag-tot-dag bestaan maak. En mag ons, wanneer ons moeilike situasies in die gesig staar, onthou dat God ons nie verlaat nie, en NIKS sal ons vernietig nie.

Seënwense,

Stephanie