Nog ‘n nuwe planeet ontdek

0
29
nuwe_planeet.jpg

Nog ʼn nuwe planeet is ontdek. Hierdie planeet (KELT-11b) is 320 ligjare weg van ons – dis sommer ‘n hele entjie!

Nog ʼn nuwe planeet is ontdek. Hierdie planeet (KELT-11b) is 320 ligjare weg van ons – dis sommer ‘n hele entjie!

Hierdie planeet se digtheid kan glo met die digtheid van polistireen vergelyk word. Dit sal seker snaaks voel om op so ‘n planeet rond te loop!  🙂  Hierdie planeet is ontdek deur twee robotteleskope – een van hierdie teleskope is in Sutherland in S.A., en die ander een is in Arizona in Amerika.

Die ruimte is darem ontsaglik groot. Dit is net onmoontlik om jouself in te dink in hoe groot die heelal is. Ps 147 sê: “God besluit oor die getal van die sterre en gee elkeen ’n naam. Ons Here is groot en magtig, sy kennis is onbegrens.”

En Psalm 8:405 sê:
As ek u hemel aanskou,
die werk van u vingers,
die maan en die sterre
waaraan U ’n plek gegee het,
wat is die mens dan
dat U aan hom dink,
die mensekind dat U na hom omsien?

Ja, hoe is dit moontlik dat ons Vader, wat hierdie ontsaglike heelal gemaak het, steeds bereid is om aan ons te dink en vir ons om te gee! Meer nog, soos Hy die sterre by hulle naam ken, so ken Hy ook my en jou op ons naam.

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.