Nuusbrief vir vroue

0
1539
vroue wat glo

Teken in op Vroue wat Glo se weeklikse e-nuusbrief, Regte vroue. Regte geloof, wat op 16 Maart die lig sien.

Kry die beste van vrouewatglo.co.za in jou inmandjie elke Vrydag: artikels, insigte en video’s oor geestelike groei, geloofstories, geloofsplanne en meer.

Elke e-nuusbrief bevat ’n Christelike blog wat jy net móét lees. Ons weet jy het nie tyd om deur ’n klomp blogs te soek nie, daarom doen ons die werk namens jou.

Ons hou jou op die hoogte van komende gebeure op ons kalender en ander geloofsnuus. Jy kry ook vars inligting oor nuwe Christelike boeke – met boekuittreksels, boekresensies en spesiale afslag.

As jy graag inspirerende inhoud wil ontvang om jou kop reg te kry vir elke week, dan is hierdie e-nuusbrief onder redaksie van Alta Strauss net reg vir jou.

Teken in vóór 12 Maart en kry die e-boek Die Spreuke 31-vrou (R83) gratis.

Vul jou besonderhede onder in om in te teken.