100 dae tot ‘n nuwe jy

0
37298

‘N NUWE JY 2018 uitdaging

Hoeveel diëte het jy nie al probeer nie? Uiteindelik! ’n Program wat jou mooi laat lyk, goed laat voel en hoop gee! Skryf in vir die 100 dae-leefstylprogram en volg die program vanaf 29 Januarie tot 30 April.

100-Dae-leefstylprogram

Hoeveel diëte het jy nie al op die proef gestel nie, sonder enige blywende sukses? Hoeveel daarvan het nie net jou liggaam nie maar ook jou siel uitgehonger? Maar uiteindelik is daar ’n program wat jou mooi laat lyk, goed laat voel en hoop gee! Saam-saam gaan ons gewig afskud en gesond en fiks word. Gaan dit soms moeilik wees? Ja. Gaan jy soms sweet? Beslis. Is dit die moeite werd? Ongetwyfeld!

Hoewel jy moontlik na ’n week reeds resultate sal sien, is hierdie program nie ’n kitsoplossing nie. Dit is ’n langtermynplan wat jou die beginsels van gesonde eetgewoontes leer sodat jy nooit weer oorgewig hoef te wees nie.

Wanneer jy anders begin eet, is jou emosionele gesondheid ook belangrik. Enigiemand kan daarmee gelukkig en suksesvol wees, want albei behels ’n besluit. Tydens hierdie leefstylprogram gaan jy leer om nie meer ’n slagoffer van jou omstandighede te wees nie. Van nou af is jy in beheer!

En dalk word jý een van die vroue wat die kans staan om ’n Nuwe jy total makeover (3 maande) ter waarde van R40 000 te wen!

ÓF ‘n gratis kaartjie vir die netGIRLS-bootreis!


Ontmoet die span

Die dieetkundige AMANDA KUIT gaan jou help om jou eetgewoontes vir altyd te verander. Sy het ’n eetplan opgestel wat vir elke vrou kan werk. Dit fokus daarop dat elke sel in jou liggaam genoeg voedingstowwe in die regte verhouding kry. Die eetplan werk omdat die tipe kos wat jy eet permanente vetverbranding veroorsaak. Gebruik ook Amanda se dieettabel om gesonde keuses te maak.
Die sielkundige EUGENE KEMP het bekendheid verwerf met sy program Brêkfis met die shrink op RSG. Tydens die 100 dae gaan jy voor baie uitdagings te staan kom. Dis nie maklik om jou leefstyl te verander nie, trouens die aanpassing gaan miskien oorweldigend voel. Ons sielkundige sal jou egter gemotiveerd hou. Kos beïnvloed soms jou emosies en as jy dit eers uitpluis, kom jou eetgewoontes ook reg.
KOBUS NEETHLING het al verskeie toekennings ontvang vir sy werk as kreatiwiteitskenner. Hy help mense om hulle breinvoorkeur te ontleed sodat jy kan weet hoe jy dink. Deur anders te begin dink kan jy jou leefstyl, jou lyf en uiteindelik jou hele lewe verander. Jy gaan jou denkpatrone verander deur doelgerig te bly en te weet dinge hang van jou af, nie van ander mense of omstandighede nie.
LIESEL KRAUSE-WIID, bekende predikant en radiopersoonlikheid, glo dat geloof die basis van sukses is. Die Here het jou lief net soos jy is! Maar Hy wil ook die beste vir jou hê, naamlik ’n gesonde en gelukkige jy. Daar gáán versoekings wees en jy gaan waarskynlik ’n hele paar keer struikel, maar met die regte sielskos sal jy gemotiveerd en op koers bly.

Spaar 50% op produkte

Ons het produkte uitgekies wat jou reis nog verder sal vergemaklik.
Teen slegs R250 ekstra kan jy die volgende produkte ter waarde van R500 kry.

KLIEK HIER om die pakket te bestel.

101 dinge om te weet voor jy dieet

Die boek 101 dinge om te weet voor jy dieet (R100). 101 dieetkundiges het saamgespan om vir jou die beste praktiese inligting oor dieet en die regte leefstyl te gee.

Nuwe jy-vetverbrander

Die Nuwe jy-vetverbrander (R250). Beheer jou eetlus deur hierdie drankie soggens te drink. Dis vol antioksidante, en verbeter energieproduksie en bloedsomloop.

Verbrand Vet Vinnig

Linda Kriel se DVD Verbrand Vet Vinnig (R150). Hierdie oefen-DVD is ontwerp om jou metabolisme te versnel, jou spiere op te knap en jou liggaam te verander van ‘n vetstoorder tot ‘n vetverbrander.

KLIEK HIER om die pakket te bestel.


Om in te skryf

Deelname kos slegs R100. Jy kan die Nuwe Jy-app aflaai met ’n volledige eetplan, dieettabel, oefenplan en motivering deur ons kenners. Daar is ook ’n Facebook-groep waar vroue mekaar kan bemoedig.

• Vul die inskrywingsvorm hieronder in.
• Neem ’n foto van jouself (vollyf en halflyf) en laai dit onderaan jou vorm op.
• Kliek op “ VOLGENDE” heelonder.
• Betaling is vinnig en veilig met jou kredietkaart.
• Inskrywings sluit op 28 Januarie 2018.
• Jy volg die program vir 100 dae vanaf 29 Januarie tot 30 April, waarna jy weer vir ons jou foto en gewig oplaai of e-pos.

Inskrywings is ongelukkig gesluit.