NUWE JY se 60 DAE-UITDAGING

Tema - VYFTIG, VURIG en FUNKY

Verveeld met dieselfde oefenprogram en eetplan? Het jy al elke moontlike dieet probeer, gewig verloor, net om dit dadelik weer op te tel? Wil jy vir altyd ’n gesonde leefstyl hê en gelukkiger leef?
As jy “ja” op enige van hierdie vrae geantwoord het, is Nuwe Jy se 60 dae-uitdaging vanaf 1 Februarie tot 1 April 2022 vir jou! 

Kry ’n eetplan wat nie ʼn kitsoplossing is nie. Dit is ’n langtermynplan wat jou die beginsels van gesonde eetgewoontes leer sodat jy nooit weer oorgewig hoef te wees nie. 

Om gewig te verloor, gaan oor meer as net die kos wat jy eet. Kry by dieetkundiges die beste, praktiese dieetraad én leer hoe om ingeligte keuses te maak terwyl jy jou leefstyl aanpas en gesonder leef. 

Wat as ʼn gesonde lewe – liggaam, verstand en gees – binne jou bereik kan wees? Kenners, lewensafrigters en motiveringsprekers help jou om die regte besluite te neem om gesond te eet, vriende te maak met die spieël en gelukkig te wees! 

Kry ’n oefenplan met oefeninge wat spiere bou en vet verbrand. Die maklike oefeninge in die oefenvideo’s kan enige tyd, enige plek gedoen word. 

’n Sielkundige help jou om die bagasie af te gooi wat moontlik bydra tot jou gewigsprobleem. Want alles begin mos in jou kop! Sekere gewoontes, patrone en roetines sal moet verander om jou by die plek te bring waar jy fisieke gewig verloor. 

Leer ook om anders te dink oor jouself en die lewe. Jou geloof sal verdiep en hierin sal jy al die wilskrag ontdek wat jy nodig het om nuut te begin – en lewenslank maer te bly. 

Word deel van ’n eksklusiewe, geslote Facebook-groep wat jou vrae sal beantwoord, wenke en resepte sal deel en jou sal aanmoedig en ondersteun. 

En skakel weekliks in vir inspirerende Facebook Live-sessies, aangebied deur ons kenners!
Wat gebeur wanneer die 60 dae-uitdaging verby is? 

Twintig vroue word vir ʼn onderhoud genooi, van wie ses uiteindelik vir die Nuwe jy-selfverbeteringsprogram, die grootste oormaaksessie van hulle lewe, gekies word.

Die KLUB 50–FUNKSIE
word geborg deur
SONJA SMIT-BEGRAFNISONDERNEMING

Méér oor FUNKSIE

Die samelewing, gemeenskap en selfs vriende en familie vertel baiekeer vir vroue wie hulle eintlik moet wees. Baie dinge word vir jou voorgeskryf, soos
hoe om op te tree en selfs hoe jy moet aantrek en lyk. Sulke boodskappe kan jou dreineer en jou moeg en gestres laat voel. Jy wil graag weer beheer neem van jou lewe, maar jy voel net nie goed genoeg om te doen wat nodig is nie. Diep in haar hart weet elke vrou sy is kosbaar en sterk. Maar dit vóél nie altyd so nie. Dit is nie net mans wat ’n middeljarekrisis ervaarnie. Ná vyftig voel baie vroue hulle lewe is halfpadverby en dit is tyd om te fokus op die dinge wat regtig saak maak.

Dis nie materiële dinge wat jou gelukkig maak nie. Jy het nou ’n diep behoefte om iets betekenisvol met jou lewe te doen. Om ’n nalatenskap te hê vir jou kinders en die volgende geslag. Wie wil nou aan die einde van haar lewe sê: “Ek wens ek het …” Vroue ouer as 50 pas deesdae aan by die wêreld wat gereeld verander. Aftrede is nie eens in hulle gedagtes nie. Jy gaan beslis nie nou by die huis sit, brug speel of lid word van ’n boekklub en toekyk hoe die lewe by jou verbygaan soos jou ouma toe sy vyftig was nie. In hierdie fase maak vroue hulle reg vir iets beter en pak die lewe aan met ’n nuwe geesdrif en
uithouvermoë. Vroue het meer selfvertroue in hierdie “vaal” lewensfase en maak seker dat ander dit weet! Dit is tyd om wakker te word en weer agter die stuur van jou lewe in te skuif. As jy voel jy is reg vir die volgende hoofstuk van jou lewe, is ons Klub 50-funksie die geleentheid wat jy moet bywoon!
Die tema is Vyftig, vurig en funky. Motiveringsprekers soos Liesel Krause-Wiid, Amore Bekker en Annie Coetzee sal jou wys hoe om hierdie ’n tyd van selfontdekking te maak. Om weer woema te kry en die vrou te word wat jy bedoel is om te wees.

Sprekers

Ambassadeurs

Boek + E-boek + Oudioboek

Gedrukte boek

Rxxx

Rxxx

E-boek

Rxxx

Rxxx

Lees in Verrso-app

Oudioboek

Rxxx

Rxxx

Luister in Verrso-app

NAVRAE

Stuur ‘n epos na [email protected]
of bel 016 018 0243 (Kantoorure)
V&A