Nuwe jy AANLYN BOOTCAMP

Tema - VOEL GOED, LYK MOOI, LIEF DIE LEWE!

Finesse se Nuwe jy–bootcamp kom vir die eerste keer ooit na jou toe! ’n Vier uur lange e–funksie met dokters, dieetkundiges, oefenkenners, voorkomskonsultante en motiveringsprekers oor die tema Voel goed, lyk mooi, lief die lewe! Of jy nou gesonder wil eet, mooier wil lyk, fiks wil word of gelukkiger wil wees, kyk aanlyn op Saterdag, 17 Oktober. Die beste is, dis beproef, getoets, nagevors en ontwerp vir vandag se vrou!

Kaartjies (AANLYN BOOTCAMP)

Kyk aanlyn: Saterdag 17 Oktober
Sessie 1, 11:00-13:00 
Sessie 2, 14:00-16:00

Indien jy nie op dié spesifieke tyd inskakel nie, sal jy ‘n REPLAY-skakel ontvang om die OPNAME binne 72 uur te kyk.
Alhoewel dit ’n AANLYN funksie is, is daar ’n beperkte aantal kaartjies beskikbaar!

EARLY BIRD-
kaartjie

R64

R74

EARLY BIRD-kaartjie:
* R64 per gesin
* Aanbod geldig tot Donderdag 1 Oktober om 12:00

ENKEL-
kaartjie

R74

ENKELkaartjie:
* R74 per gesin
* Bespreek tot Vrydag 16 Oktober om 12:00

GROEP-
bespreking

R59

Indien jy 2 of méér kaartjies koop

GROEPBESPREKING:
* 2 of méér kaartjies teen slegs R59 per kaartjie
* Bespreek tot Vrydag 16 Oktober om 12:00

VIP-
kaartjie

R144

R302

VIP-kaartjie:
* Kaartjie (R74 per gesin)
* Bespreek tot Vrydag 16 Oktober om 12:00
+
* e-Boek Voel goed, lyk mooi, lief die lewe! (R129)
* Oudio-opname van Nuwe jy AANLYN BOOTCAMP (R99)

Sprekers, ens

Program

SESSIE 1 [10:00–12:00]

  • Jou liggaam praat met jou – luister! – dr. Ellenore Meyer, mediese dokter. Wanneer jy die boodskappe ignoreer wat jou liggaam vir jou stuur, ly jou gesondheid daaronder. Nou kan jy strategieë aanleer om bewustelik te reageer op jou liggaam se seine om pyn en depressie te verlig.
  • Aanvullings wat elke vrou moet neem – Amanda Kuit, dieetkundige. Die kans is goed dat jy belangrike voedingstowwe kortkom, wat jou gesondheid kan benadeel. Dit is moeilik om te onderskei tussen vals nuus en goed nagevorste feite, leer wat nodig is om elke dag goed te voel.
  • Waarom vroue wat desperaat is om gewig te verloor, aanhoudend misluk – dr. Catherine van Heerden, sielkundige. Baie vroue ken die kringloop van ooreet, kitsdiëte en obsessiewe gedagtes oor kos. Daar is ander faktore wat verhoed dat jy vorder. Spreek die werklike oorsake aan: emosionele en geestelike honger en ’n wanbalans in die liggaam.
  • Verloor gewig sonder om jou gunstelingkosse uit te skakel – Carina Fourie, dieetkundige. Dis dan presies hoe jy gewig opgetel het – deur jou gunstelingkosse te eet! Leer slim metodes oor hoe om jou gunstelinge deel van ’n gesonde eetplan te maak. Geen hongerpyne en geen cravings nie – net heerlike voedsame etes.
  • Fiksheid is ’n reis waar die moeilikste tree die eerste tree is Amorie Pearson, welweeskenner. Die eerste tree is altyd die moeilikste. Kry die stappe wat jy moet doen om jou gesondheids- en fiksheidsreis mee af te skop. Beskou dit as jou volledige gids tot die beste wegspring vir ’n gesonder, fikser jy!

SESSIE 2 [14:00–16:00]

  • Kry ’n oefenroetine wat jy geniet – Nathanya Chapman, oefenkenner. Kry eerder ’n spesifieke oefening wat jy geniet, nie wat jy dink jy behoort te doen nie. Wanneer jy elke oomblik haat, sal jy ook nie resultate kry nie. Deur dit te geniet, is die saak halfpad gewen.
  • Hoe om sexy te voel, selfvertroue te hê en mooi te wees van binne én buite – Janine Truter, motiveringspreker. Almal wil mooi wees. Weet jy wat? Skoonheid het min met die uiterlike te doen en alles met wat in jou hart en kop aangaan. Binne-in jou is ’n pragtige vrou wat wag om haar verskyning te maak.
  • Deurbrake in skoonheid wat jou op jou beste laat lyk – dr. Riekie Smit, estetiese dokter. Niemand wil soos ’n Barbie-pop lyk nie. Maar met subtiele, nie-ingrypende prosedures en die regte produkte, kan almal natuurlik mooi wees. Ontdek die nuutste mediese teenverouderingsbehandelings vir sysagte, gloeiende vel – sonder die mes!
  • Ontwikkel jou eie styl deur te weet wat is nét reg vir jou – Suna Robberts, voorkomskonsultant. Gefrustreerd met jou klerekas? Moeg vir jou voorkoms? Miskien is jy in ’n nuwe seisoen van jou lewe en jy wil graag jou manier van aantrek daarby aanpas. Persoonlike styl gaan oor getrou wees aan wie JY is.
  • Reëls om slanker te lyk in ’n kits – Sunet Vermaak, voorkomskonsultant. Slim maniere van aantrek kan jou slanker laat lyk! Dis so maklik soos om jou klerestyl te verander. Geen dieet en geen oefening is nodig nie. Probeer dié vleiende stileerwenke en wees gereed vir komplimente!
  •  

Boek + e-boek

Voel goed, lyk mooi, lief die lewe!

66 wenke as jy gesonder wil eet, mooier wil lyk, fiks wil word en gelukkig wil wees

deur
dokters, dieetkundiges, oefenkenners, voorkomskonsultante
en motiveringsprekers
 +
As jy dié boek vooraf bestel, stuur ons vir jou ’n GRATIS EKSTRA BOEK om iemand te bederf.

R179

Ook beskikbaar as ‘n e-boek
R129