Nuwe Jy finaal

Baie geluk aan elkeen wat die reis tot hier voltooi het en baie sterkte vir almal wie se reis nog nie klaar is nie. Moet nooit opgee op jou doelwit nie!

As jy graag een van die deelnemers wil wees wat gekies word vir FINESSE se drie maande Nuwe Jy makeover ter waarde van R40 000, moet jy jou voor- en na foto saam met jou voor en na gewig op ons webtuiste laai voor / op Donderdag 30 Mei.

Inskrywings is nou gesluit. 

Hoe die proses verder werk:

Ons kies 20 dames uit die inskrywings wat ons voor of op 30 Mei ontvang om vir ʼn persoonlike onderhoud te kom. Hierdie onderhoude vind plaas op 6 en 7 Junie by I Love my Smile se kantoor in Pretoria. Slegs dames wat die persoonlike onderhoude bywoon sal in aanmerking kom. Ongelukkig sal geen Skype of telefoniese onderhoude toegestaan word nie.

Uit die 20 dames sal daar 10 gekies word om te begin met die FINESSE Nuwe Jy program. Die program duur 3 maande en daar sal by elke sessie 2 deelnemers afgestem word deur die beoordelaars en borge. Die gekose deelnemers se voor en na foto’s asook hulle stories, sal in FINESSE tydskrif en op meegaande elektroniese mediaplatforms gepubliseer word.

Die 10 dames ontvang persoonlik hulp van ‘n sielkundige, velsorgprodukte, dieetprodukte asook kenner advies en nog baie meer.

Die kroning van die Finesse Nuwe Jy 2019 wenner vind plaas by die Nuwe Jy-fees op Saterdag 19 Oktober, te Serengeti gholfklub tussen Irene en Kemptonpark.