Die 100-dae-uitdaging!

0
3816

Het jy al ’n Nuwejaarsbesluit geneem? Die kans is goed dat dit maar weer
dieselfde gaan wees as tevore, wat jy in elk geval nie tot uitvoering gebring het nie.

Wat van ’n nuwe jy? Sê nou jy kon deel wees van iets groters? ’n Gemeenskap waar jy inspirasie kon kry en gee… Die 100-dae-uitdaging is nie sommer enige gewigsverliesprogram wat jy op die internet kan kry nie. Dit is ’n gemeenskap van sterk, doelgerigte vroue.
Laat ons jou help om nuut te word deur gewig te verloor en ’n beter lewe te wen.

Die uitdaging begin 28 Januarie en duur tot 28 Mei 2019.
Jy laai die Nuwe Jy-app af met ‘n volledige eetplan, dieettabel, oefenplan en motivering.
Daar is ook ‘n Facebook-groep waar vroue mekaar kan bemoedig.
NUUT!
Ons het ook ‘n vriendinne- en paartjie-uitdaging sodat jy dit nie alleen hoef aan te pak nie.

Die vroue wat die meeste gewig verloor, word vir ’n onderhoud genooi,
en tien word gekies om aan Finesse se Nuwe Jy-selfverbeteringsprogram deel te neem.

 

Vul jou besonderhede in en kliek op die STUUR knoppie. Inskrywings is R100.
Vir die vriendinne/paartjie uitdaging moet elkeen die vorm hier invul. Betaling kan saam gedoen word.

  • Maak seker jy gesels met jou dokter voor jy aan die 'N NUWE JY uitdaging deelneem.
  • Indien jy voedselallergieë het, moet jy die eetplan eers met ’n dieetkundige bespreek.
  • Accepted file types: pdf, doc, docx, xls, xlsx, zip, mpg, jpg, jpeg, png, gif.
  • Accepted file types: pdf, doc, docx, xls, xlsx, zip, mpg, jpg, jpeg, png, gif.