Nuwe lewe met handvatsels

0
164
fired_earth.jpg

Klein veranderinge kan baiekeer ’n groot effek hê mits jy dit met oorleg en styl aanpak.

Blaas binne oomblikke nuwe lewe in ’n ou kas of deur met hierdie oulike Fired Earth-handvatsels. Jy kan ’n tikkie speelse luuksheid verleen aan ’n vervelige kamerdeur of laai wat al beter dae geken het. Dis beskikbaar in ’n hele reeks interessante style, teksture en kleure; jy sal beslis ’n paar kry wat jou hart begeer. Jy kan ook ’n doen-dit-self-projek aanpak. Hierdie goudgeel handvatsel staan bekend as die Amber Crackled Glass Knob.

Eksklusief beskikbaar vanaf R115 by uitgesoekte Builders Warehouse-winkels.