Oefen as jy reis

0
21
oefen.jpg

Ek het vanoggend op ’n rugbyveld geoefen in ’n vreemde dorp. Ek is saam met my man op ’n besigheidsreis, maar dit keer my nie om te oefen nie. Wat het ek gedoen? Hier is my program:

Draf tot by die rugbyveld naby die gastehuis waar ons tuisgaan: 7 minute

Ligte strek: 1 minuut

  1. Vorentoe hurk-stap (lunge walk): x 20
  2. Sywaarts galop (na regs): 20 tellings
  3. Agteruit hardloop: 20 tellings
  4. Sywaarts galop (na links): 20 tellings
  5. Herhaal die vierkant (1, 2, 3, 4) 3 keer.


Om die veld

  1. Hardloop voluit: 20 tellings
  2. Push-ups: x 20
  3. Hardloop voluit: 20 tellings
  4. My gunsteling boudoefening
  5. Herhaal (1, 2, 3, 4) vier keer.


Draf terug gastehuis toe: 7 minute

By die gastehuis

  1. Squat en raak die grond x 15
  2. Trisepdips” x15
  3. Herhaal (1 en 2) 3 keer.


Strek.

Indien jy dieselfde program wil doen, pas dit aan by jou fiksheidsvlak.

Geskryf deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel