oefen gereeld vir minder sooibrand

0
40
oefen_in.jpg

Die paar kilo’s ekstra gewig wat jy dra, veral om die middelyf, kan veroorsaak dat suur terugstoot vanaf jou maag tot in jou slukderm en dus vir jou sooibrand gee.

Oefening sal jou help om van die oortollige vetjies ontslae te raak. Dit sal die druk op jou maag wat die suur boontoe stoot, laat afneem. Oefeninge, soos stap, draf, roei en fietsry, sal jou help om vet te verbrand. Maar hou in gedagte dat hoë impak oefeninge , soos draf en touspring,  somtyds die sooibrand kan vererger.

As jy sooibrand kry terwyl jy draf , stap eerder of ry fiets 4 tot 5 keer per week. Om vet te verbrand moet jy langer as 20 minute kardiovaskulêre oefeninge doen, maar as jy onfiks is, begin met 15 minute teen ’n rustige pas en vermeerder die intensiteit en die duur van jou oefensessie geleidelik.

Onthou om ook strekoefeninge te doen nadat jy kardio gedoen het. Strekoefeninge kan op sigself ’n groot rol speel in sooibrand verligting omdat dit bloedsirkulasie bevorder en help om stres, wat ’n oorsaak van sooibrand kan wees, te verlig.