Oefen jou boude

0
73
boud_oefening.jpg

Die volgende oefening is gemik op die hamstrings (agterbobene) en boude. Hoe meer gereeld jy dit doen, hoe vinniger sal jy die spiere in die agterstewe en hamstrings opknap.

a) Lê op jou rug met jou regtervoet op die stoel en strek jou linkerbeen reguit na bo. Jou knieë moet ʼn reguitlyn met jou heupe vorm. Laat rus jou hande op jou maag. Moet dit nie op die grond plaas nie, want dan gaan jy met jou arms teen die vloer druk om jou te help en só die doeltreffendheid van die oefening verminder.

boud oefening

b) Druk nou af met jou regterhak (wat op die stoel is), sodat jou boude, heupe en onderste deel van jou rug net-net van die grond af lig. Hou die posisie ʼn sekonde lank en keer na die beginposisie terug. Doen 15-20 herhalings en herhaal dan met die ander kant. Doen 2-3 stelle van 15-20 herhalings aan elke kant.
 

boud oefening

Geskryf deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel