Oefen só op jou bed

0
295
oefening_in_bed.jpg

Voor jy soggens jou voet uit die bed sit of jou kop saans die kussing tref, kan jy ’n oefensessie inkry.

Die beste deel van hierdie oefening is dat jy nie eers jou tekkies hoef aan te trek nie en jou slaapklere is nou sommer jou oefenklere. Hierdie oefening doen jy net so, op jou bed.

Sexy boude in 30 sekondes

Lê op die linkerkant van jou sy en stut jouself op jou voorarm terwyl jou bene reguit is. Jou een voet kan op die ander een rus. Maak seker jou heup is in lyn met die res van jou lyf.
 

foto_1_3.jpg

Trek jou naeltjie in en lig jou heupe van die bed af, druk af met jou voorarm en die buitenste rand van jou linkervoet. Hou vir 30 sekondes (of so lank as wat jy kan). Draai om en herhaal dieselfde oefening op jou regterkant. Dit is een rep; doen omtrent so drie.

foto_2_5.jpg

Mooi bende, sonder die sweet

Lê op jou rug, met jou bene reguit. Sit jou hande agter jou kop vir ondersteuning. Lig nou jou kop en nek op terwyl jy jou naeltjie intrek. Lig jou bene so 45 grade van die bed af.

foto_3_3.jpg

Strek jou bene in ’n V-posisie voor jou uit en trek jou boudspiere saam terwyl jy jou bene oop en toe beweeg. Doen so 12 reps van 3 stelle.
 

foto_4_2.jpg