Oefening help vir PMS

0
61
pms2.png

Is dit weer daardie tyd van die maand? Vlug jou man en kinders voor jou buie? Oefening kan PMS-simtome verlig!

Omtrent 40% persent van ons Evas ly onder die vloek van PMS elke maand. Ek het die effek wat oefening op PMS-simptome het, nagevors en selfs vir twee maande nie geoefen nie. In daardie tyd het ek baie duidelike PMS-simptome getoon. Deur gereeld te oefen kan jy ontslae raak van simptome soos buierigheid, ’n opgeblaasde gevoel, hoofpyne, stres en die ongemaklikheid wat jy elke maand ervaar. Wat doen oefening nou eintlik vir PMS?

  • Wanneer jy oefen, skei jou liggaam endorfiene af, wat jou goed laat voel en jou buierigheid laat verdamp.
  • Sommige navorsers glo selfs dat endorfiene in jou bloedstroom jou bloedsuikervlakke kan stabiliseer en dus voorkom dat die soetlus jou beetpak …
  • Die beste oefeninge om te doen vir die verligting van PMS, is matige aërobiese oefeninge wat jou harttempo hoër as 120 slae per minuut sal laat styg. Dis oefening soos stap, stadig draf (as jy fikser is), fietsry of swem vir tenminste 30 minute 3-5 keer per week.
  • Dit kan jou ook gewig laat verloor wat natuurlik ’n reuse pluspunt is, aangesien ’n hoë vetpersentasie ook kan bydrae tot PMS.