oefening is ook belangrik

0
7
oefening.jpg

Volgens die navorsing is dieetprogramme wat hoofsaaklik op eetgewoontes fokus, op die lange duur nie so suksesvol soos programme wat oefening ook belangrik ag nie.

Die navorsers glo dis omdat jou liggaam belangrike spiermassa verloor as jy begin om minder te eet. Spiere verbrand mos vet, en daarsonder sukkel jy om van die hardnekkige vetjies ontslae te raak. As jy dus oefen, bly spiermassa behoue en verloor jy makliker gewig.

Die oplossing? As jy gewig wil verloor, verander jou eetgewoontes én oefenprogram. As jy minstens drie keer per week oefen, behoort dit genoeg te wees om jou gesondheidsdoelwitte te bereik. Die navorsers het ook gevind dat mense wat eers gesond eet en later begin oefen, sukkel om met ’n oefenprogram vol te hou. Begin dus met oefening sodra jy jou eetgewoontes verander.