oefening is vet pret!

0
6
word_maer.jpg

Al manier om slank te word en slank te bly is om – tesame met goeie en gesonde eetgewoontes – te oefen!

Bekyk van vandag af jou lewenstyl komkommerkoel onder die vergrootglas en sien oefening deur ’n ander bril. Dink aan al die baie redes waarom oefening werk: dit….  

  • Verbeter jou lewensgehalte
  • Verhoog jou metabolisme
  • Verlig menstruasie pyne
  • Verlig spanning en stres
     

Hierdie is maar net ’n fraksie van die voordele wat oefeninge jou bied. Oefeninge help letterlik vir amper alle skete, van slapeloosheid tot buierigheid. ’n Gesonde voorkoms en meer lewensgenot is makliker bereikbaar as wat jy dink.

Begin vandag om jou droom ’n werklikheid te maak! Elke Woensdag gaan ek (Linda Kriel Prinsloo) vir jou ’n oefenwenk gee, so maak seker dat jy die wenresep volg. Begin hierdie week deur te fokus op jou maag. Maak ’n punt daarvan om meer gereeld jou maagspiere in te trek. As jy by jou lessenaar sit, wanneer jy motor bestuur, wanneer jy tandeborsel. Ja, dit alles tel as maagspieroefeninge … en jy’t gedink oefening is nie pret nie …