Oefening jou rugpyn weg

0
55
rugpyn.jpg

Sowat 80 persent van alle mense wat hul dae agter ‘n lessenaar deurbring, kan rugprobleme ontwikkel teen die tyd dat hulle vyftig is.

As jy heeldag op ’n stoel sit wat swak rug ondersteuning bied, kan die trapesius (die grootste bo-rugspier) swak word en verrek. Om die grootste deel van die dag sonder voldoende ondersteuning in ’n motor te sit, het dieselfde nadelige uitwerking.

Oefening speel ’n belangrike rol in die voorkoming van rugpyn. Sterk, goed ontwikkelde spiere is noodsaaklik vir die ondersteuning van jou ruggraat. Mense wat gereeld oefen, het minder las van rugpyn as diegene wat onfiks is en wie se spiere te swak is om ondersteuning te bied. Strekoefeninge, rug- en maagoefeninge, tesame met ’n beter liggaamshouding kan help as jy ’n rugprobleem het.

Dink aan jou ruggraat as die mas van ’n seilboot en aan die spiere weerskante as die toue en stutte wat die mas ondersteun en in posisie hou. Sterk en goed ontwikkelde rug- en maagspiere is nodig om jou ruggraat te ondersteun.

Geskryf deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter by @linda_kriel

bioderm bioderm bioderm