oefening kan kanker voorkom

0
24
oef.jpg

Nadat my ma verlede jaar oorlede is aan kanker het ek heelwat navorsing gedoen op die invloed wat ‘n aktiewe leefstyl het op kanker.

Ek het uitgevind dat wetenskaplikes, na jare lange studies, nou uiteindelik genoeg bewyse het dat gereelde oefeninge net so belangrik is as gesonde eetgewoontes, om kanker te voorkom. Dokters glo dat matige oefeninge wat gereeld gedoen word die immuunstelsel versterk en dus help om te voorkom dat kanker vorm. Een derde van jaarlikse kankersterftes kan toegeskryf  word aan ’n onaktiewe leefstyl en verkeerde eetgewoontes.

Die kanker sterftesyfer in beide mans en vroue wat fiks is, is laer. Mense wat gereeld oefen is ook geneig om ander gesonde gewoontes toe te pas soos om minder vetterige kos te eet, ’n meer veselryke dieet te volg en weg te bly van sigarette. Hul vetpersentasie is ook gewoonlik laer, wat help, want oorgewig mense loop ook ’n risiko vir baie soorte kanker. Begin om hierdie week te stap. Kry iemand om saam met jou te stap en hou by jou afspraak. As jy alleen oefen is dit te maklik om soms laag te lê. Komaan! Jy kan dit doen!