oefening word belangriker met ouderdom

0
41
oefen.jpg

Ouderdom is geen geldige verskoning om nie te oefen nie. Trouens, oefening word in die later jare nóg belangriker, en kan juis tot ’n beter lewensgehalte bydra.

’n Mens se liggaamsvet neem toe namate jy ouer word. Die meeste vroue bereik hulle maksimum spierkrag tussen 27 en 32 jaar. Wat kan jy daaraan doen?

  • Van jou dertigste jaar moet jy 10 persent harder aan jou liggaam werk, andersins kan jy aanvaar dat jou gewig met tot 4 kg elke 10 jaar toeneem.
  • Gebruik weerstand wanneer jy oefen. Dit sal help om jou spierpersentasie te laat styg. As jy ligte weerstand gebruik en baie herhalings doen sal jy nie groot onooglike spiere bou nie, maar jy sal wel jou spiere mooi opknap. Jy kan byvoorbeeld los gewigte (dumbells) vashou wanneer jy lunges en squats doen, of ’n rek om jou enkels sit wanneer jy beenoefeninge doen. Om jou arms fermer te maak is 1,5 tot 2 kg dumbells ideaal.
 Linda Kriel Prinsloo