Oefeninge vir die peerfiguur

0
14

Vroue met ’n peerfiguur moet vrede maak dat hulle heupe en bobenenooit gaan lyk soos die van ’n supermodel nie. Maar daar is oefeninge om jou vorm te beheer.

Is jou heupe en agterstewe buite verhouding groot teenoor jou bolyf? Volg die volgende wenke:

  • In plaas van om met swaar gewigte te oefen wanneer jy bobene en boude oefen, doen eerder ligte spieropknappingsoefeninge met baie herhalings  vir die onderlyf.
  • Oefeninge met ’n lae impak – soos lae-impak aërobiese oefenige of stap, sal meer doeltreffend wees as hoë-impak aërobiese oefeninge.
  • As jy trappie-oefeninge (step) doen, gebruik ’n lae trappie.
  • Om ’n balans tussen die bo- en onderlyf te skep kan jy swaarder gewigte gebruik wanneer jy jou bolyf oefen.
     

Hou in gedagte dat gene ’n groot rol speel wanneer dit by liggaamsbou kom – in dié geval is dit die peer wat nie ver van die boom val nie. Moenie verwag om oornag van ’n peer na ’n liniaal te verander nie. As jy jou oefenstrategie verander en die wenke volg behoort jy binne ’n paar maande ’n groot verskil te sien.

Geskryf deur Linda Kriel

Volg Linda op Twitter by @linda_kriel