Olyf-en-feta-knoffelbrood

0
63
knoffelbrood.jpg

Knoffelbrood is die ideale bygereg vir enige ete. Hier is ’n resep met ’n verbetering op die ou gewone.

Genoeg vir 6 persone
Tyd: 1 uur 15 minute

BESTANDDELE
1 kg gekoopte deeg
1½ wiele fetakaas
olywe, ontpit en gekap
knoffel na smaak
500 ml room

METODE
1. Vorm die deeg in ’n langwerpige rol. Maak ’n insnyding in die deeg in die lengte. Plaas die kaas, olywe en knoffel daarin en druk die rande teen mekaar om die deeg te seël.
2. Plaas die deegrol met die insnyding na onder in ’n gesmeerde Argilla-koekring. Giet 375 ml room oor die deeg. Laat rys.
3. Bak teen 180 ºC vir ’n uur. Giet die oorblywende room tydens die laaste 5 minute van die baktyd bo-oor.