Om impak op iemand anders se lewe te hê

0
22
Joseph Phukubje

Joseph Phukubje het die afgelope drie weke onder ʼn brug in Sandton geslaap.

Joseph Phukubje het die afgelope drie weke onder ʼn brug in Sandton geslaap.

In die dag het hy by ʼn robot gaan staan met sy matrieksertifikaat en sy cv in sy hand, nie om te bedel nie, maar om ʼn werk te soek. Maandag het hy dit weer gedoen. Pam Green het Maandag verby hom gery waar hy by die robot gestaan het. Sy het ʼn paar kilometer verby gery en toe besluit om om te draai. Sy het tot by Joseph gery, uitgeklim en met hom gesels. Sy het ʼn foto van hom geneem en dit op Facebook geplaas, waar ek dit ook gesien het. Joseph wil bitter graag ʼn werk hê. Pam Green se Facebook inskrywing is binne ʼn paar dae meer as 34000 keer gedeel. Talle hulp en aanbiedinge het ingestroom.  Pam het Joseph gevat en vir hom klere, toiletware en ʼn selfoon gaan koop sodat hy vir ʼn werksonderhoud kon gaan. Joseph het Woensdag die werk gekry en gaan Maandag begin werk.

Een iemand het vir ʼn oomblik by ʼn medemens gaan staan, en daardie persoon se lewe het ʼn nuwe wending geneem.

Julle is ook die gebou van God. Volgens die genade wat God my gegee het, het ek soos ’n goeie bouer die fondament gelê, en ’n ander bou daarop. Maar hy moet mooi kyk hoe hy verder bou, want niemand kan ’n ander fondament lê as wat reeds gelê is nie. Die fondament is Jesus Christus. Of dit goud, silwer, edelstene, hout, gras of strooi is waarmee iemand op die fondament bou, elkeen se werk sal aan die lig kom. Die dag wanneer Christus kom, sal dit duidelik word (1 Kor. 3:10-13).