Om jou brood aan albei kante gebotter te hê

brood aan albei kante gebotter

Vandag laat die gesegde my dink aan die “3 tipe brode” in ons samelewing…

Ons heel 1ste brood… Die “Getroude- en-in ’n Verhouding” brood:

Getroude manne wat so min respek vir hulle self en hul lewensmaats het (wat hulle so terloops self uitgekies het), en dan ander vrouens wat enkellopen is kontak.

Maar o wee… ons maak nie “plasings” nie op hul facebook muur waar almal dit kan sien en  lees nie… Nee, ons stuur vir haar ʼn private boodskap of ’n sms… want bewaar my rugraatlose liggaam wanneer my vrou dit moet uitvind…

Dan kry ons brood nommer 2… Die “Ek is besig om te skei-(want my vrou verstaan my nie brood):

Kyk hulle is vir jou “sly”… hulle hou die agterdeur oop… Vir waar die gras groener is. Dan het hulle vir eens en vir altyd die “manne moed” om uit “die ongelukkige huwelik van dekades” uit te stap” nie omdat ons lankal moes en om die regte redes nie, NEE omdat ons, ons eie manlike ego’s gestreel wil hȇ… met ’n brose grassie wat dalk vir my gladde bek sal val… en my dalk die man gaan laat “voel” wat ek nie eindelik is nie…

Brood nommer 3… Die Onseker-Weet nie wat ek wil he – Almal tevrede stel -wil nie groot word brood:

Die bestandeel van hierdie brood kom ook in die bg 2 brode voor.

Kyk die brood moet jy nou glad nie miskyk nie. Hulle laat dink my aan die blommetjie waarvan jy die blaartjies een vir een aftrek terwyl jy hardop sȇ…

Ek het jou lief… ek het jou nie meer lief nie… Ek wil jou hȇ… ek wil jou nie meer hȇ nie…

Nee wag… eindelik wil ek vir Sannie ook hȇ of is dit nou vir Suzie. Die een mag net nie van die ander een weet nie. O vrek, nou is ek ook nie meer seker nie.

Ek moet my agterdeure oop hou… want die aandag raak te veel… My ego of is dit nou my kop… raak te groot

Geagte brode

Van ons botters van die lewe is van die beste rome gemaak… Ons soek ordentlike brode waarop ons, ons botter kan smeer… En nie ’n brood waarop daar nog margarine aan die ander kant vas sit nie.

Ons soek ook nie jou agterkant nie, maar jou voorkant.

Ons soek manne van God. Manne wat die pad reguit stap. Wat sy maat met liefde en respek kan behandel. Hou op voorgee of ’n leuen lewe.

…Wees eerder maar ʼn ou broodjie waar daar slegs botter aan die eenkant gesmeer kan word sodat nie die botter of die brood bederf kan word nie…

Die slegte ding om jou brood aan albei kante gebotter te hê is dat jy eendag soos ’n “Ou uitgedroogde Suurbrood,” mag opeeindig, wat nie eers in ’n glas melk wil sag word om behoorlik geëet te word nie…

Vorige artikelMevrou doeminie en die kersfeeshaters!
Volgende artikelOns sekerheid is die Lig
Blogger - Lisie Köstens
Vandag kyk ek terug oor my lewe van 47 jaar waarin daar ongelooflike moeilike swaarkry en hartseer tye was.Tye waar ek nie geweet het hoe en of ek dit gaan maak nie. Tye waar ek uitgeput, moedeloos en oorlaai was. Maar ek het dit gemaak! Ek het in my leeftyd ʼn enigste kind groot gemaak, my grootste eer en prestasie tot op hede, om ’n trotse ma te kan wees! Ek het my self opgewerk en deeltyds studeer en dit saans na werk terwyl ek ʼn ex-man, kind en huishouding aan die gang moes hou. Ek is o.a. deur ʼn skeisaak, bankrotskap en het baie in die proses verloor. Maar ek het nooit gaan lê nie! Want ek is ’n "fighter". Ek het weer opgestaan, oorbegin, opgebou, leer vertrou en daarna weer lief gekry en seergekry. Vandag sê ek vir die Here dankie dat ek gesond is, werk het en ’n ongelooflike ondersteunings netwerk van familie en vriende. Nogsteeds geseënd. En belangrikste van alles bedank ek my Saligmaker en Skepper, want, Here deur dit alles was U nog altyd daar. Dankie dat U ook vir my kom uitkies het. Dankie dat ek U kan ken. My toekoms lê oop voor my en ek kan nie wag om te sien Wat en Wie U vir my volgende beplan het nie!

2 Boodskap

  1. Lisie, as een van my beste vriendinne en vertroueling, weet ek dat jy een van die sterkste vrouens is wat ek ken, en so trots op jou hoe jy vrou-alleen soveel al kon vermag het. God het beslis ‘n doel met jou!

  2. Lisie!
    Daar slaan jy hom op sy kop…
    Baie oulike artiekel, kan nie wag om te sien wat jy volgende vir ons gaan plaas nie!