Om te koop is lekker

0
343
koop

Verkope was blykbaar baie goed Desember verlede jaar. Volgens BankservAfrica se data het Suid-Afrikaners heelwat meer gekoop in Desember 2017 as in Desember 2016.

Daar is R51.6 biljoen se verkope aangeteken in Desember 2017. Wat egter baie interessant is, is dat die data toon dat daar een koper was wat van 1 tot 31 Desember verlede jaar 1 160 keer sy/haar kaart vir aankope gebruik het. Nog ‘n interessante stukkie inligting is dat die kaarttransaksie met die hoogste enkele waarde was R5m. (Ek kan julle verseker dit was nie ek nie, want dan sou ek dalk my kredietperk geslaan het).

Dit is duidelik dat sommige mense dit geniet om te koop. Spreuke 23:23 vertel van ‘n ander soort aankope wat regtig aan te beveel is. Die skrywer sê: “Koop waarheid en verkoop dit nie, ook wysheid en tug en verstand.”

Jy sal goed doen as jy hierdie items in jou winkelmandjie inpak!