Omelet met gerookte salm of forel

Omelet.jpg

Lewer 1 omelet

Lewer 1 omelet

BESTANDDELE

• 2 eiers
• 15 ml water
• sout en grofgemaalde swartpeper
• 25 ml botter
• 100 g gerookte salm of forel
• 80 g roomkaas
• ’n hand vol vars bronkors

METODE

1 Breek een van die eiers in ’n mengbak oop.
2 Skei die ander eier, voeg die geel by die eerste eier en gooi die wit van die tweede eier in ’n ander mengbak.
3 Voeg nou die water by die eiergeel en klits. Klits die eierwit styf en vou dit by die geklitste eiergeel in. Geur met sout en peper.
4 Smelt die botter in ’n pan tot dit begin borrel. Voeg die eiermengsel by en verlaag die hitte van die pan om te verhoed dat die omelet brand. Gebruik jou spaan en stoot die eiermengsel in die pan terwyl jy die pan draai, sodat al die rou eier na onder kan loop.
5 Wanneer die eier net-net gaar is, laat dit uit die pan op ’n opdienbord gly. Rangskik die salm of forel, roomkaas en vars bronkors op die een helfte van die omelet en vou die ander helfte bo-oor die vulsel.

 

Resep is saamgestel uit Maklike maaltye uit Nina se kombuis deur Nina Timm, uitgegee deur Penguin House South Africa.