Omgee-ore

Liewe kind asseblief laat gaan
Van dit wat ons bly skei
Hoor jy My hart?
Hoor jy hoe Ek vra?

Ek roep na jou
Ek vra so mooi
Wanneer gaan jy hoor?
Ek hou dan aan met vra?

Hoekom kies julle altyd
Alles bo My?
Hoekom is Ek in so min van My kinders se harte
Werklik nommer een?

Dis vir My so moeilik om te verstaan
Dalk weet julle nie wat Ek weet
Ek het My lewe gegee vir julle
Sodat ons vir altyd saam kan wees

Julle buit My goedheid uit
Speel met My genade
Sê My liewe kind
Het Ek nie genoeg gegee?

Liewe kinders
Dit hoort nie so
Kom na My
Laat My toe om jou te klee met My volheid

Weet jy hoeveel vreugde sou jy ken
As jy net wou kom
Ophou om ‘n lou lewe te leef
Liewe kind Ek wil waarlik in jou woon!

Weet julle hoe moeilik is dit
Om My hart met julle te deel?
Vandag is julle naby My
Môre weer baie vêr

Ek het geen waarborg
Dat julle lief gaan bly vir My nie
Al wat Ek vra
Is dat julle tot die einde sal bly groei in liefde vir My

Die liefde wat Ek in my hart voel
Vir elke liewe kind
So groot is dit
Ek wonder sal julle ooit verstaan

Ek is Liefde sê die Heer
In sy skoonste
Reinste
Getrouste vorm ooit!

My hart is nie seer-maak nie sê die Here
My hart is heel-maak
Vir elke mens wat bereid is
Om in My te glo

Liewe kinders kom na My
Laat gaan van die wyshede van hierdie wêreld
Wie gee om, om te hoor
Die wyshede wat woon in My hart?

Dis duisend male beter sê Vader
Duisend male
As julle net wou kom om te hoor
Toelaat dat My Lewe en Liefde julle lewens omtoor!

Vorige artikelVertrou jou sesde sintuig!
Volgende artikelWie se kind is jy?
Blogger - Letitia Pienewald
Letitia Pienewald is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs King of Kings en Anker van Hoop gebore. Ek het begin om gediggies van God neer te skryf maar dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met die Here met julle te deel. ‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.