Omskep iets negatiefs tot iets moois

463
troue.jpg

Sarah Cummins (van Indianapolis) en haar verloofde het presies ‘n week voor haar troue besluit om nie meer te trou nie.

Sarah Cummins (van Indianapolis) en haar verloofde het presies ‘n week voor haar troue besluit om nie meer te trou nie.

Alles vir die troue was egter reeds gereël en sy het reeds omtrent $30 000 (byna R400 000) spandeer vir die troue in die Ritz Charles in Carmel. Sy kon egter nie die kontrak met hulle kanselleer nie.  Toe besluit sy om nie die geld te mors nie. Sy het toe hawelose mense in die stad uitgenooi na wat die bruilofsonthaal sou wees. Syself het ook die mense vriendelik verwelkom soos hulle by die onthaal aangekom het. Plaaslike besighede het pakke klere en rokke vir die mense geskenk dat hulle dit kon aantrek na die onthaal.

Dit herinner ʼn mens nogal sterk aan die gelykenis wat Jesus in Lukas 14:15-24 vertel het van die genooides wat nie by die maaltyd opgedaag het nie. En dan lees ons:  “Die slaaf kom toe terug en vertel dit alles aan sy eienaar. Toe word die man kwaad en sê vir sy slaaf: ‘Gaan uit na die strate en gangetjies van die stad en bring die armes en kreupeles en blindes en verlamdes hierheen.’22Later kom die slaaf sê: ‘Meneer, u opdrag is uitgevoer, en daar is nog plek.’23Toe sê die man vir die slaaf: ‘Gaan uit na die paaie en lanings en dring by hulle daarop aan om in te kom, sodat my huis vol kan word.”

Sarah Cummins het met ʼn baie onselfsugtige daad, ondanks haar eie hartseer, besluit om die negatiewe tot iets moois te omskep!

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.