Onbeantwoorde vrae

Soveel vrae
Wat in my binneste leef
Soveel vrae
Waarvoor ek nog nie enige antwoorde het

Voel jy ook dalk so
Liewe vriendin
Onbeantwoorde vrae
Goed waaroor jy al goed gewonder het

Hoekom daar soveel slegte goed in hierdie wêreld is
Hoekom Vader God Sy Seun gestuur het
Hoekom dit nodig was
Hoekom Hy moes kom

Dit is vrae
Waaroor ek al gewonder het
Dit
En soveel meer

Tog wil ek vandag
Vir jou en my bemoedig
Om net aan te hou
Tot by die end

Vir van ons vrae
Sal ons dalk nooit die antwoorde hê
Tog is dit belangrik
Om te weet

Is jy waarlik lief
Vir die Een wat ewig is?
Want as ons glo dat Hy is
Wie Hy sê Hy is

Sal ons Hom bly dien
Loof en eer
Selfs al is dit dat daar
Soveel onbeantwoorde vrae is

Sien sê Abba
Geloof beteken nie dat julle alreeds
Voor die tyd al die antwoorde het
Geloof sê dat julle My vertrou om julle te leer

My liefste kinders
Hou aan glo
Hou asseblief altyd daaraan vas
My hart vir julle is mooi

Dankie Abba Vader
Dat U ons liefhet
Die Ewige Ek Is
Dit is wie U is

Help ons Abba Koning
Om nooit moed te verloor
Al gebeur daar slegte goed
Al is ons nie altyd presies seker wat die volle waarheid is

Dit wat ons moet weet
Dit sal U ons leer
As ons net seker maak
Om tyd saam met U te spandeer

Ons wil dan nie net Bybel lees
Omdat ons skuldig voel
Ons wil dit doen
Omdat ons rerig meer van U wil weet

Ja ons glo dalk al vir jare
So verkeerd
Dat alles wat sleg is
Van U is

Vader maak ons harte
Asseblief nuut
Help ons asseblief om te weet
Dat U rerig Liefde is.

Vorige artikelKom ons …
Volgende artikelGevlokte varkvleis
Blogger - Letitia Pienewald
Letitia Pienewald is ‘n doodgewone mens wat die wonder van hartsintimiteit met God ontdek het en ander graag help om dit ook te vind. Daar was ‘n honger in my hart na meer van Jesus en toe vra ek Hom vir meer. So is die blogs King of Kings en Anker van Hoop gebore. Ek het begin om gediggies van God neer te skryf maar dis nou al veel meer. Dis ‘n voorreg om my pad saam met die Here met julle te deel. ‘n Gebed is dat my en jou bewondering vir God altyd nuut en vars sal bly. Verder is ek lief vir die lewe en so dankbaar vir genade en hoop, waarsonder ek nie kan nie.