“Ondanks die feit dat sy ‘n vrou is”

0
6
Narendra Modi

Narendra Modi, Indië se Eerste Minister, is diep in die moeilikheid. Hy het hierdie week ‘n besoek van twee dae gebring aan Bangladesh en onder andere ook na die Dhaka Universiteit gegaan.

Narendra Modi, Indië se Eerste Minister, is diep in die moeilikheid. Hy het hierdie week ‘n besoek van twee dae gebring aan Bangladesh en onder andere ook na die Dhaka Universiteit gegaan.

Daar het hy in ‘n toespraak Sjeik Hasina, die Eerste Minister van Bangladesh, geprys omdat sy met soveel moed opstaan teen terrorisme, “ondanks die feit dat sy ‘n vrou is”.” Dit gons nou in die sosiale media oor hierdie opmerking. Wat bedoel hy met sy opmerking “ondanks die feit dat sy ʼn vrou is”?

In die antieke wêreld het mense inderdaad gedink dat vroue nie moedig kan wees nie. In die eerste eeue na Christus het talle vroue as martelaars gesterf omdat hulle Christus bely het. Die manne het dan die vroue geprys “omdat hulle so manlik opgetree het.” Tog is beide die heidense en die Christelike literatuur uit die antieke wêreld vol van verhale van dapper vroue. Maar dit lyk of die manne net nie altyd kon insien dat die vroue moed aan die dag gelê het nie.

Ook die Bybel bevat pragtige verhale van moedige vroue. Jesus se eie ma is ʼn goeie voorbeeld. Toe die engel van die Here vir Maria sê dat sy swanger gaan word en ʼn seun gaan baar, was haar woorde: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” Dit is altyd lekker om te sien wanneer ʼn man of ʼn vrou moed aan die dag lê.

Hennie Stander