Onfeilbare, voedsame eiervrug

1066
Izelle Hoffman
Izelle Hoffman, leefstylsjef

Die sonderlinge pers vrug is ’n smaaklike toevoeging tot enige gesonde dieet. Dit kan gewigsverlies bevorder, die risiko van hartsiektes verminder en bloedsuikervlakke help beheer.

Eiervrug is nie net ’n uitstekende bron van dieetvesel nie, dit is ryk aan voedingstowwe en laag in kalorieë. Dit is ook ’n goeie bron van vitamiene B1 en B6.

Die besondere vrug is ryk aan anti-oksidante – veral niasien wat in die skil voorkom en wat dit sy pers kleur gee.

Dit het ’n hoë ysterinhoud, maar is ook ryk aan kalium, koper, magnesium, mangaan en foliensuur wat belangrik is vir beensterkte.

Indien jy swanger is, kan jy ook gerus eiervrug in jou dieet insluit aangesien dit fetusontwikkeling bevorder.

En dan, net wanneer jy dink dat dit ál is wat hierdie eienaardig gevormde vrug vir jou kan doen – die eiervrug kan ook help met die vermindering van abdominale vet!

Die botterskorsie in die groentegebakresep hiernaas, kan met soetpatat, pampoen of selfs met ’n quino-alaag vervang word en net so in die oond gebak word. Dit is ideaal vir ’n geurige en vullende vleislose aandete, maar werk net so goed as ’n bygereg…

–Izelle Hoffman, leefstylsjef