Ongesonde verhoudings

331
ongesonde verhoudings

Daar is verskeie gevaartekens wat op ’n ongesonde verhouding dui. Is jy in so ’n verbintenis wat jy lankal moes verbreek het?

Wanneer jy jouself met negatiewe geselskap omring, vind jy dat jou goeie gedrag en positiewe uitkyk vinnig verander.

Spreuke 13:20 draai nie doekies om nie: “Hy wat met wyses wandel, sal wys word, maar hy wat hom met die sotte inlaat, met hom sal dit sleg gaan.”

Dit beteken nie dat jou verhoudingsmaat ’n sot is nie, net dat dit jou emosioneel sal benadeel as jy jouself omring met mense wat nie dieselfde waardesisteem as jy het nie.

Die keuse is joune. Neem goeie besluite oor jou verhoudings.

Karien Basson Karien Basson
Redakteur, Vroue wat glo

Kliek hier vir meer videos en artikels deur Karien.