Ongestolde hoender-appelkoos-komkommerterrien

0
70
terrien.jpg

Genoeg vir 4
Tyd: 30 minute

BESTANDDELE
320 g gaar hoenderborsies
5 droë appelkose, fyngekap
15 ml vars grasuie, fyngekap
15 ml sprietuie, in dun skyfies gesny
3 Peppadews, fyngekap
180 g gewone roomkaas, by kamertemperatuur
sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak
knippie fyn paprika
knippie droë rissievlokkies, opsioneel
2 komkommers
spruite vir garnering
geroosterde brood vir opdiening

METODE

  1. Snipper die hoender in happiegroottes. Meng met die gekapte appelkose, grasuie, sprietuie en Peppadews. Vou die roomkaas geleidelik in.
  2. Geur en voeg die paprika en rissievlokkies by, indien gebruik.
  3. Gebruik ’n groenteskiller en skil 12 lang repe van die komkommers af. Plaas 6 repe op ’n skoon oppervlak met die rande wat effens oorvleuel om ’n plat vel te vorm. Plaas helfte van die vulsel op een kant van die vel en rol dit styf op om ’n silinder te vorm. Herhaal met die res van die komkommerrepe en vulsel.
  4. Sny die terrien versigtig op in sirkels, plaas die spruite bo-op en sit voor op die brood.

 

Resep en stilering: Illanique van Aswegen
Fotograaf: Adel Ferreira
Met komplimente van Food & Home Entertaining