Onmin oor stokperdjies

0
48
Gretha Wiid

Huweliksmaats het stokperdjies nodig soos visse water nodig het. Daarsonder kan ons lewe maar saai wees, sonder opwinding en uitdagings. Maak net seker daar is balans, en dat dit nie gehaltetyd saam met jou maat steel nie.

Huwelikskenner: Gretha Wiid

lyn_3.png

GRATIS E-BOEK

Boosters en Busters vir ‘n gelukkige huwelik, geskryf deur Gretha Wiid.

Met verloop van tyd kan jou huwelik sy passie verloor. Dié boek laat jou ‘n tree nader gee aan ‘n gelukkige huwelik met woema.

Kliek HIER en laai die e-boek, Boosters en Busters, GRATIS af.

lyn_3.png

Huweliksmaats het stokperdjies nodig soos visse water nodig het. Daarsonder kan ons lewe maar saai wees, sonder opwinding en uitdagings. Maak net seker daar is balans, en dat dit nie gehaltetyd saam met jou maat steel nie.

Natuurlik is dit belangrik om jou individualiteit in jou huwelik te behou, maar dit is eweneens belangrik dat jou stokperdjies of belangstellings nie tyd by jou huweliksmaat steel nie. Dit is baie makliker as ’n paartjie gedeelde belangstellings binne hulle huwelik het, want dan hoef hulle nie te kompeteer oor wie se stokperdjie die belangrikste is en eerder aandag moet kry nie. Tog is dit vir party mense net ’n mooi ideaal – hierdie teorie oor gemeenskaplike terrein…

Dit bring my weer by die kernbeginsel van ’n verbond, wat vereis dat ons ons maats moet dien en ons eie selfsugtige belange moet opoffer.

Kry jou prioriteite met jou maat agtermekaar

Dit beteken nie jy moet jou belangstellings heeltemal prysgee nie. Dit vra eintlik net om eerlik te wees oor die balans tussen die tyd wat jy aan jou stokperdjie en aan jou huwelik bestee. Miskien kan jy jouself oortuig dat die balans perfek is, maar stem jou maat saam?

Onthou die goue reël van stokperdjies en belangstellings buite jou huwelik: Hoe meer jy ja sê vir dinge waarby jou maat nie betrokke is nie, hoe meer sê jy nee vir jou huwelik. Net soos baie mense nie die probleem omtrent ’n wanbalans wil erken nie, so is daar ook baie mense wat nie kan insien dat hulle tyd van hulle huwelik steel omdat hulle stokperdjie of belangstelling kwansuis iets is wat hulle by die huis beoefen nie, soos PlayStation-speletjies of fotoplakboekwerk.

Hoor jy jouself dalk in die argumente van party ander mense: “Ek is heeldag by die huis. Ek het nie duur of uitspattige stokperdjies nie. Inteendeel, ek speel net ’n paar speletjies op die Xbox – dis nie asof ek in die strate rondlê of vir ’n hele naweek weggaan nie,” of dalk: “Ek gaan nog net ’n klein rukkie aan my scrapbook werk, ek is amper klaar met hierdie bladsy. Gaan solank bed toe, ek is nou-nou daar.” En aand na aand gaan die man alleen bed toe met ’n vrou wat haarself sus dat sy niks verkeerds doen nie.

[VIDEO] Het jou selfoon jou huwelik gesteel?

TV-kyk kan kosbare gesinstyd steel

Die klassieke voorbeeld van gesteelde tyd wat ek in ’n fliek gesien het, was in die rusie tussen die man en vrou in The Break-up. Iets so eenvoudigs soos PlayStation wat die man se vrye tyd oorheers het, was die laaste strooi wat die verhoudingskameel se rug gebreek het.

Kyk gerus die fliek as jy een van die suckers is wat glo jou stokperdjie steel nie tyd van jou huwelik nie. Jy sien dalk die toekoms van jou eie verhouding raak en skrik dan hopelik wakker.

Is dit regtig nodig om iets te sê oor televisie kyk? Vir mense wat nie aan hulle TV vasgegom is nie, is dit ooglopend hoe baie tyd hierdie skelm steel. Vir die mense met die afstandbeheer in die hand kos dit egter gewoonlik heelwat oortuiging.

Kyk mekaar weer ʼn slag in die oë

As jy een van die mense is wat die TV as selfgekose afgod in jou huis het, moet jy dalk net ’n klein toetsie doen vas te stel of jou gesinsverhoudings nog oukei is.

Sit hierdie week die televisie vir twee aande af, eet saam aan tafel en kyk hoeveel julle vir mekaar te sê het. Jy mag dalk verbaas wees oor hoe ver jy en jou maat, asook jy en jou kinders, reeds uitmekaar gegroei het. Jy gaan dalk agterkom dat julle niks het om vir mekaar te sê nie… Maar hoe meer julle tyd saam deurbring, hoe gemakliker gaan julle weer met mekaar raak. Kyk mekaar in die oë, en hoor jou maat se hart. Jou huwelik en jou gesin is dit werd.

Stokperdjies is wonderlik en is nodig, want dit laat jou ontspan en help stres ontlaai. As dit egter jou verhouding opmors of jou finansies laat opdroog, is dit tyd om ʼn nuwe manier van ontspanning te vind.

lyn_3.png

KOOP AANLYN

Spreuke 31-vrou, geskryf deur Aletté Winckler.
31 tydlose waarhede vir die moderne vrou

In hierdie boek kry jy praktiese raad en inspirasie uit die Woord. Elke hoofstuk word saamgevat deur Bybelstudievrae wat tydens jou stiltetyd of in ’n kleingroep oor nagedink kan word, sodat jy die beste word in elke aspek van jou lewe. Spreuke 31-vrou is beskikbaar op www.voelgoedwinkel.co.za teen R84.

lyn_3.png