Ons gee graag

0
300

‘n Internasionale verslag wat pas gepubliseer is, wys dat Suid-Afrikaners meer vrygewig geword het as in vorige jare.

‘n Internasionale verslag wat pas gepubliseer is, wys dat Suid-Afrikaners meer vrygewig geword het as in vorige jare.

Die World Giving Index 2017 toon aan dat Suid-Afrikaners meer bereid geraak het om geld te skenk, en ook om werk as vrywilligers te doen, en selfs ook om hulp aan vreemdes te verleen. Afrika is ook die enigste vasteland wat nou twee jaar na mekaar verbeter het wat al drie hierdie kategorieë betref. Daarteenoor het elke Westerse land vanjaar slegter gevaar.

Dit bring ons by ʼn baie interessante vers in Handelinge 20:35 waar Paulus sê: “Onthou die woorde van die Here Jesus. Hy het self gesê: Om te gee, maak ʼn mens gelukkiger as om te ontvang.” Dit is in die eerste plek ʼn kosbare waarheid. Maar ʼn verdere interessantheid is dat hierdie die absoluut enigste plek in die Bybel (buite die Evangelies) is, waar ons ʼn direkte aanhaling van Jesus se woorde teëkom. Die Boeke Matteus, Markus, Lukas en Johannes bevat baie vertellings van Jesus, maar hier in Handelinge kry ons nog ʼn aanhaling van die woorde van Jesus wat nie in die Evangelies opgeteken is nie.

lyn_3.png

Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog (www.henniestander.co.za).

Dit lyk deesdae of niemand meer glo nie. En diegene wat wel leef vanuit ’n verhouding met hulle Skepper, raak skaam om dit te sê. Nie Hennie nie! In Hoekom ek nog glo vertel hy uit sy eie lewe van die werklikheid wat die Here vir hom is. Hy getuig van groot en klein wonderwerke, maar veral van sy Verlosser. Bestel hierdie boek in sekondes by voelgoedwinkel.co.za en lees dit in een dag deur … Dit sal jou geloof  lewenslank versterk.

 

 

DEEL
Vorige artikelOrkaan Irma
Volgende artikel[VIDEO] Kry ’n balans tussen buite speel en skermtyd
Hennie Stander
Hennie Stander is ’n prof in Grieks, maar wanneer hy preek en skryf, gebruik hy maklike Afrikaans. As predikant ken hy die vrae wat gelowiges kwel. As teoloog weet hy waar om na die antwoorde te gaan soek. Na die Here is sy vrou, kinders en kleinkinders sy grootste liefdes. En oor dit alles skryf hy al jare in boeke en sy baie bekende blog.