Ons is in ‘n oorlog

In die fiksie verhaal The Screwtape Letters, bring C. S. Lewis die donker geestelike stryd aan die lig wat elkeen van ons daagliks ervaar, deur middel van sy karakters, Duiwel Screwtape en sy verleier neef Wormwood.

Screwtape skryf 31 briewe aan Wormwood, en gee hom raad oor die verskillende maniere om mense te verlei en hulle daarvan te weerhou om Christene te word.

Ons is elke dag in ‘n stryd, en The Screwtape Letters trek die geestelike “gordyn” weg en laat ons toe om die onsigbare stryd te sien wat oral rondom ons woed.

  • Goed teen kwaad
  • Vryheid teen vrees
  • God se Waarheid teen Satan se Leuens

Hierdie stryd woed al van die begin van tyd af en dit gaan elke dag voort, maar moenie vir een sekonde moed verloor nie. Op die dae wat jy voel asof jy verdrink in golwe van vrees, onthou dat Jesus aan die kruis gesterf het en Sy dood het jou oorwinning oor jou vyand verseker!

In 1 Petrus 5, waarsku Petrus ons om nugter en wakker te wees. Wakker om te veg. Om nie in vrees daarvoor te leef nie, maar om te erken dat dit bestaan. Die duiwel word beskryf as ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Hierdie beskrywing word aan ons gegee nie om vrees te veroorsaak nie, maar om ons te waarsku teen die gevaar en die rede te gee hoekom ons ons lewens waaksaam en met selfbeheersing moet leef.

Om hierdie geestelike stryd te herken is die eerste stap tot oorwinning.

Jou volgende stap is met gebed en God se Woord.

Wanneer het ons die krag van God se Woord vergeet? Dis deur gebed en God se Woord dat ons hierdie stryd kan wen, deur ons gedagtes terug te fokus op die Waarheid, terug op die Woord, terug op Jesus.

Jesus het nie aan die kruis gesterf vir ons om ons lewens in vrees te leef nie… maar om dit in vryheid te leef!

Hy het ons die instrumente gegee om ons stryd te veg deur die krag van die Heilige Gees en Sy LEWENDE Woord! Maar ons moet besef dat ons in ‘n stryd is, sodat ons ons aanvalle kan beveg! Vriendin, jy is nie alleen in jou stryd nie. God is altyd met jou!

En onthou, Satan is beperk terwyl God onbeperk is.

Volgende keer as jy jouself in ‘n stryd bevind, doen die volgende:

  • Wees eerlik en erken dat jy in ‘n stryd is
  • Bid en vra God vir hulp.
  • Lees God se Woord vir krag, insig en wysheid.
  • Loof en aanbid Hom te midde van jou storm. Jou omstandighede mag dalk nie verander nie, maar jou fokus verander.

Vriende, moet nooit vergeet dat ons ‘n opgestane Koning dien wat vir ons onthalwe geveg het en oorwin het! Hy het die wêreld oorwin!!!